Gratis leesplanne en oordenkings oor SEFANJA 3:17
![Valentynsdag](/_next/image?url=https%3A%2F%2F%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F25648%2F640x360.jpg&w=1920&q=75)
Valentynsdag
3 Dae
Valentynsdag kan vir party van ons 'n moeilike tyd wees. Ons is dalk in 'n lewenstydperk waar ons nie in 'n verhouding is nie, maar graag wil wees, wat 'n paar ongemaklike gevoelens kan laat ontstaan. Laat ons toe om oor die volgende drie dae, ongeag wat jou verhoudingstatus is, jou hart bemoedig met die OORVLOEDIGE, ONVOORWAARDELIKE, KALMERENDE liefde van God.
![Hartseer Stukkies: Hoop vir die Feestyd](/_next/image?url=https%3A%2F%2F%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F1964%2F640x360.jpg&w=1920&q=75)
Hartseer Stukkies: Hoop vir die Feestyd
5 Dae
Vir baie mense is die feestyd 'n tyd van groot vreugde ... maar, wat gebeur wanneer die feestyd sy sprankel verloor, en uitdagend geword het as gevolg van 'n diepe droefheid of verlies? Hierdie spesiale leesplan sal mense help wat deur verdriet gaan om vertroosting en hoop te vind vir hierdie feesdae; en om te wys hoe om 'n betekenisvolle feesseisoen te ervaar ten spyte van 'n diepe droefheid.
![ENFC Music - Vredevors Dagstukke](/_next/image?url=https%3A%2F%2F%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F23236%2F640x360.jpg&w=1920&q=75)
ENFC Music - Vredevors Dagstukke
5 dae
Vredevors is die eerste EP van ENFC Music, wat dien as die aanbiddingspan van Every Nation Faith City. Deur dié 5 dagstukke wil ons jou saamneem op 'n reis deur die EP, oor hoe God oor ons voel, dat ons waarlik vry en vergewe is en soveel meer! Maar bo alles, om onsself te herinner dat God ons Vredevors is!
![Koffietyd met Jesus](/_next/image?url=https%3A%2F%2F%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F40957%2F640x360.jpg&w=1920&q=75)
Koffietyd met Jesus
5 Dae
Enige koffieliefhebber kan getuig van die lieflike aroma wat koffie gee, veral vroegoggend. Die eerste slukkie land sag op die tong en soms maak jy selfs jou oë in die oomblik toe. Deesdae is daar sóveel geure koffie beskikbaar. ‘n Nuwe kultuur het ontstaan. Ek en jy dra ook daagliks ‘n aroma, maar dit word bepaal deur hoe ons die dag begin.
![Sewe Dinge Wat Die Bybel Oor Angs Sê](/_next/image?url=https%3A%2F%2F%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F4538%2F640x360.jpg&w=1920&q=75)
Sewe Dinge Wat Die Bybel Oor Angs Sê
7 Dae
Elke dag het die potensiaal om komplekse nuwe uitdagings in ons lewens te bring. Dit is egter ewe waarskynlik dat elke nuwe dag vir ons opwindende nuwe geleenthede kan skenk. In hierdie 7-dag leesplan, help YouVersion personeellede jou om waarhede uit die Woord van God toe te pas op alles wat jy vandag in die gesig staar. Elke dag se oordenking sluit 'n Versbeeld in wat jy kan deel, oor dit wat God vir jou sê.
![Gereed Vir Vandag](/_next/image?url=https%3A%2F%2F%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F32385%2F640x360.jpg&w=1920&q=75)
Gereed Vir Vandag
7 dae
Mense vra graag vir mekaar: “Hoe gaan dit met jou?” God doen dit nooit, want Hy weet hoe dit met jou gaan. Hy het al die feite tot sy beskikking. Hy weet ook dat sommige dae moeiliker en vol uitdagings is. Stephan Joubert moedig jou in hierdie 7-dag leesplan aan om deur geloof op te staan en voluit te leef. Hierdie oordenkings is geneem uit GEREED VIR VANDAG.
![Wat Jesus Gesê Het Oor God Sy Vader](/_next/image?url=https%3A%2F%2F%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F43554%2F640x360.jpg&w=1920&q=75)
Wat Jesus Gesê Het Oor God Sy Vader
8 Dae
Wanneer Christene onderrig word oor die geestelike lewe en wat dit beteken om 'n Christen te wees, is dit belangrik om te praat oor wie God is en veral wie God as Vader is. Wat het Jesus oor sy Vader gesê?
![Sefanja](/_next/image?url=https%3A%2F%2F%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F21198%2F640x360.jpg&w=1920&q=75)
Sefanja
9 dae
Sefanja waarsku Israel dat God hulle gaan oordeel, maar sê ook vir hulle hoe lief Hy hulle het en hoe Hy eendag met sang oor hulle sal jubel. Reis daagliks deur Sefanja terwyl jy na die oudiostudie luister en uitgesoekte verse uit God se woord lees.
![Wat Jesus Gesê Het Oor Vaders en Moeders Wat Geestelike Wonde Veroorsaak](/_next/image?url=https%3A%2F%2F%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F43970%2F640x360.jpg&w=1920&q=75)
Wat Jesus Gesê Het Oor Vaders en Moeders Wat Geestelike Wonde Veroorsaak
13 dae
Een van die grootste oorsake van geestelike pyn en invloed op 'n kind se lewe is sy pa en ma. Meer en meer verstaan ons deur navorsing dat beide die ouers se optrede 'n geweldige effek op hulle kinders het. Hierdie leesplan wil help om hierdie pyn te hanteer en te verduidelik wie God die Vader is.
![Stilte: Die Krag en Noodsaaklikheid Daarvan](/_next/image?url=https%3A%2F%2F%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F50117%2F640x360.jpg&w=1920&q=75)
Stilte: Die Krag en Noodsaaklikheid Daarvan
13 Dae
Almal het stilte nodig. Soms weet ons dit nie, maar sodra daar tye van stilte kom, kom vreemde vrede. Daar word die stemme van die wêreld en die stemme van my eie gedagtes uitgedoof. In daardie stiltes kom God dikwels en begin met ons praat. Mag hierdie leesplan jou by dieper intimiteit met God bring.
![PRAY4JAPAN — 17 Dae Gebedsgids vir Japan](/_next/image?url=https%3A%2F%2F%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F26674%2F640x360.jpg&w=1920&q=75)
PRAY4JAPAN — 17 Dae Gebedsgids vir Japan
17 Dae
Japan is die wêreld se tweede grootste onbereikte groep mense, selfs ná dekades van toegewyde evangelisasie en kerkteenwoordigheid. In hierdie hoogs gesofistikeerde samelewing sien die meeste Japannese Christenskap as voortreflik, maar ontoepaslik. Kerkbywoning dobber rondom 0,3%. Kom ons stem ooreen met die Woord van God terwyl ons aanbid, verklaar en bid vir 'n deurbraak in hierdie pragtige nasie.
![Die God Wat Herstel](/_next/image?url=https%3A%2F%2F%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F34197%2F640x360.jpg&w=1920&q=75)
Die God Wat Herstel
29 dae
Met Kersfees vier ons Christus se eerste koms, terwyl ons wag en uitsien na sy wederkoms. Ons dink aan die gebrokenheid van ons wêreld en hoe Hy herstel en heelheid gaan bring wanneer Hy kom. Ons loof Christus met vreugde omdat ons ons hoop op Hom stel. Hierdie Bybelstudie neem ons deur die Adventstyd, ‘n tydperk van wag en groot verwagting op die koms van ons ewige Koning.
!['n Sprong van Vreugde](/_next/image?url=https%3A%2F%2F%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F228%2F640x360.jpg&w=1920&q=75)
'n Sprong van Vreugde
31 Dae
Die Bybel leer ons dat "in sy teenwoordigheid is daar volkome blydskap" en dat "die vreugde van die Here ons sterkte is". Vreugde is nie net nog 'n emosie nie, dit is 'n vrug van die Gees en een van die beste wapens in ons arsenaal om ontmoediging, depressie en nederlae te beveg. Bring 31 dae deur om te leer wat die Bybel sê van vreugde en versterk jouself om 'n oorwinnende en vreugdevolle Christen te word.