Gratis leesplanne en oordenkings oor RUT 2

Die Rut Uitdaging
4 dae
Hierdie is 'n 4-dag uitdaging om die 4 hoofstukke in die boek Rut te lees — 'n groot liefdesverhaal in die Bybel. Rut sal jou begrip van verhoudings uitdaag en jou in staat stel om die skoonheid van God se verlossende liefde te sien. Bybeluitdagings gaan verder as om net die Bybel te lees; terwyl ons dus ons insigte met mekaar deel en terwyl jy lees, kan jy #RuthChallenge via Twitter gebruik om jou gedagtes te deel. Bybeluitdaging SLAGSPREUK: Die Bybel is SAPPIG. Die Bybel is LEWE. Die Bybel is vir JOU!

Rut, 'n Verhaal van Verlossing
5 Dae
Ons kan met min mense in die Bybel onsself meer emosioneel vereenselwig as met Rut; 'n arm, weduwee-uitlander wat God haar prioriteit gemaak het en toegekyk het hoe Hy haar lewe verander. As jy in jou omstandighede 'n bietjie aanmoediging soek, moet jy nie hierdie leesplan misloop nie!

Leer Hoop Uit Naomi Se Verlies: Leesstukke uit Rut
5 Dae
Die verhaal van Naomi en Rut is goed bekend en baie geliefd. Die bondigheid van en ons vertroudheid met hierdie pragtige verhaal van verlossing, kan veroorsaak dat ons te vinnig deur die temas van verlies, trauma en herstel gaan. In hierdie leesplan sal jy ontdek hoe die ervaring van groot verlies ons verander asook ons siening van God beïnvloed en die onverwagte maniere waarop God sy sorg en voorsiening kan uitdruk.

Rut: 'n Verhaal van God se Verlossende Liefde
7 Dae
Die boek Rut is miskien een van mees die indrukwekkende kortverhale van alle tye. Die boek Rut is 'n verslag van God se verlossende liefde. Die boek Rut is 'n fantastiese verhaal van hoe God die lewens van gewone mense gebruik om sy oppermagtige wil te bewerkstellig. Met pragtige simbole van Christus se liefde en opoffering vir sy mense, word aan ons gewys hoe ver God gaan om sy kinders te verlos.

Kom Ons Lees Saam die Bybel (Junie)
30 Dae
Deel ses van 'n reeks van 12, wat groepe deur die hele Bybel lei in 365 dae. Nooi ander om elke maand by jou aan te sluit as julle 'n nuwe afdeling begin. Hierdie reeks werk goed saam met die Bybel op CD — luister in minder as 20 minute per dag! Elke afdeling sluit Ou- en Nuwe Testamentiese hoofstukke in, met Psalms tussendeur versprei. Deel ses sluit die volgende boeke in: Efesiërs, Filippense, Kolossense, Jona, Rigters, Rut en 1 Samuel.