Gratis leesplanne en oordenkings oor ROMEINE 6:6
![Ontdek Jou Identiteit](/_next/image?url=https%3A%2F%2F%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F2965%2F640x360.jpg&w=1920&q=75)
Ontdek Jou Identiteit
5 Dae
Voel jy soms dat jy nie weet wie jy is nie of etikette dra wat nie by jou pas nie? Dalk sukkel jy om die regte "jy" te vind en uit te leef. Hierdie leesplan is 'n reis deur Die Woord en vertel vir jou hoe om al die etikette af te gooi en 100% jy te wees. Begin vandag en leer hoe om jou identiteit uit te leef!
![UNCOMMEN: Herwin Jou Identiteit As Man](/_next/image?url=https%3A%2F%2F%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F3862%2F640x360.jpg&w=1920&q=75)
UNCOMMEN: Herwin Jou Identiteit As Man
5 Dae
Ons wil mans help om te wen. Wanneer mans wen, wen hul vrouens, kinders, en die gemeenskap. Wanneer mans wen, hoef ons nie so baie skuilings te bou vir families wat in die steek gelaat word nie, of vir die nadelige psigologiese en emosionele uitwerking van vaderlose kinders te betaal, of om soveel mishandelde en verwaarloosde vrouens te versorg nie. Indien ons maatskaplike euwels wil oplos, sal ons 'n paar ongewone benaderings nodig hê. Ons sal mans benodig wat hul ware identiteit in Christus verstaan.
![Fondamentstene van Verlossing - Jesus Is Groter Reeks #3](/_next/image?url=https%3A%2F%2F%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F12006%2F640x360.jpg&w=1920&q=75)
Fondamentstene van Verlossing - Jesus Is Groter Reeks #3
6 Dae
Die stewigheid van 'n gebou lê in sy fondament. Die hoofdoel van die fondament is om die struktuur daarop in posisie en regop te hou. Hierdie definisie van die doel van die fondament is selfs meer van toepassing op ons geestelike lewens. In Deel Drie van ons reeks van nege leesplanne oor Hebreërs, sien ons hoe belangrik dit is om 'n stewige geestelike fondament te hê.
![Romeine: Ervaar die Krag van Lewensveranderende Geloof](/_next/image?url=https%3A%2F%2F%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F20926%2F640x360.jpg&w=1920&q=75)
Romeine: Ervaar die Krag van Lewensveranderende Geloof
7 dae
Die slegte nuus: Jy sal nie vanself daartoe in staat wees om te kwalifiseer om deel van God se familie te wees nie. Die goeie nuus: God is lief vir jou en het 'n weg berei om jou sonde te vergewe, jou deel van God se familie te maak en van binne na buite te transformeer! Terwyl jy Romeine bestudeer ontdek jy die mees volledige aanbieding van die evangelie!
![Wat Jesus Gesê Het Oor Die Doop](/_next/image?url=https%3A%2F%2F%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F43659%2F640x360.jpg&w=1920&q=75)
Wat Jesus Gesê Het Oor Die Doop
7 Dae
Jesus het in sy laaste opdrag gesê dat ons dissipels van mense moet maak en hulle moet doop. Wanneer ons die boek Handelinge lees, sien ons dat die vroeë kerk presies dit gedoen het. Hierdie studie hanteer die basiese Bybelse redes vir die doop en 'n aantal vrae wat mense daaroor vra.
![Regverdiging: 'n Studie oor Romeine](/_next/image?url=https%3A%2F%2F%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F34331%2F640x360.jpg&w=1920&q=75)
Regverdiging: 'n Studie oor Romeine
16 Dae
Romeine, wat beskou word as een van die teologies rykste boeke van die Nuwe Testament, is 'n verhandeling oor die teologie van verlossing. Om te begin met die hopeloosheid van ons sonde-gevulde toestand, wys Paulus hoe God geregtigheid aan sy mense verskaf deur Jesus Christus. In Romeine word ons daaraan herinner dat regverdiging nie uit status of morele prestasie kom nie, maar uit geloof in die plaasvervangende dood en heerlike opstanding van Jesus Christus.
![Leef 'n Lewe Wat God Eer](/_next/image?url=https%3A%2F%2F%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F23951%2F640x360.jpg&w=1920&q=75)
Leef 'n Lewe Wat God Eer
23 Dae
In die apostel Petrus se eerste brief aan die Christene, bespreek hy die regte houding teenoor ander mense, die posisie van 'n man en vrou binne 'n huwelik, en hoe om lyding te hanteer. Hierdie leesplan dek hoofstukke 2 en 3 van Petrus se brief.
![Delf dieper deur Romeine](/_next/image?url=https%3A%2F%2F%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F54169%2F640x360.jpg&w=1920&q=75)
Delf dieper deur Romeine
25 Dae
Delf dieper deur Paulus se meesterlike uiteensetting van die evangelie in Romeine. Elke dag bied opeenvolgende gedeeltes uit Romeine met insiggewende kommentaar op die kernwaarhede van redding deur geloof, die vreugde van 'n regte verhouding met God, en die krag van die Heilige Gees. Dit lei jou om die praktiese implikasies van jou geloof te ontdek, die beloftes van God te omhels, en jou lewe in Sy diens te stel. Of jy vir die eerste keer Romeine lees of jou bestaande kennis wil verdiep, hierdie plan sal jou inspireer en lei na 'n vars verhouding met die Here Jesus Christus.