Gratis leesplanne en oordenkings oor ROMEINE 4:3
Geloof
12 Dae
Sien is glo — is dit waar? Of is dit eerder dat ek glo omdat ek sien? Hierdie is vrae oor geloof. Die leesplan bied 'n diepgaande studie oor geloof — van die Ou Testamentiese verhale oor werklike mense wat groot geloof onder onmoontlike omstandighede bewys het, tot by Jesus se leringe oor die onderwerp van geloof. Deur hierdie plan te volg sal jy aangemoedig word om in 'n dieper verhouding met God te tree en 'n meer toegewyde volgeling van Jesus te word.
Regverdiging: 'n Studie oor Romeine
16 Dae
Romeine, wat beskou word as een van die teologies rykste boeke van die Nuwe Testament, is 'n verhandeling oor die teologie van verlossing. Om te begin met die hopeloosheid van ons sonde-gevulde toestand, wys Paulus hoe God geregtigheid aan sy mense verskaf deur Jesus Christus. In Romeine word ons daaraan herinner dat regverdiging nie uit status of morele prestasie kom nie, maar uit geloof in die plaasvervangende dood en heerlike opstanding van Jesus Christus.