Gratis leesplanne en oordenkings oor DIE OPENBARING 7:10
Hy Het Uitgebloei!
3 Dae
Toe Jesus aan die houtkruis gesterf het, het sy bloed tot in die dieptes van ons siele ingeloop. Ons was uiteindelik herenig met God, wat met ons praat deur 'n universele taal wat direk tot ons omstandighede spreek — dit maak nie saak wie ons is nie, dit maak nie saak waar ons vandaan kom nie, en dit maak nie saak wat ons skei nie. Hy het uitgebloei sodat almal kon inkom!
Die Ten Diepste Gevormde Lewe
5 Dae
Pastoor Rich Villodas van New York definieer 'n diep gevormde lewe as 'n lewe gekenmerk deur integrasie, aansluitingspunte, ineendraaiing en deurwewing asook veelvuldige vlakke van geestelike vorming. Hierdie tipe lewe roep ons om mense te wees wat ons lewens saam met God op gebed skoei, wat beweeg na versoening, wat werk vir geregtigheid, wat innerlik gesond lewe en ons liggame en seksualiteit as geskenke sien om te bestuur.
Elke Taal: Luister Na Die Veeltalige God
7 Dae
God se kommunikasie met die mensdom was van die begin af vir "elke nasie, stam, volk en taal" bedoel. Alhoewel alle tale ewe doeltreffend in die oordra van die Bybelse boodskap is, het elke taal ook unieke vermoëns om sekere Bybelse boodskappe op 'n uiters verrykende wyse oor te dra soos ander tale dit nie kan doen nie. Hierdie leesplan ondersoek sewe van daardie verborge skatte wat daarop sal uitbrei hoe jy oor God en sy goeie nuus dink.
Die Gewoonte van Dankbaarheid
7 Dae
Hierdie 7-dag leesplan skets eenvoudige gewoontes wat jou tot 'n lewe van dankbaarheid kan lei. Of dit nou is om ons tonge te oefen om dankie te sê, of om daaglikse gewoontes van groter dankbaarheid aan te leer — hierdie leesplan sal jou bewustheid van die welwillendheid om jou 'n hupstoot gee en jou help om 'n lewe van dankbaarheid te lei.
PRAY4JAPAN — 17 Dae Gebedsgids vir Japan
17 Dae
Japan is die wêreld se tweede grootste onbereikte groep mense, selfs ná dekades van toegewyde evangelisasie en kerkteenwoordigheid. In hierdie hoogs gesofistikeerde samelewing sien die meeste Japannese Christenskap as voortreflik, maar ontoepaslik. Kerkbywoning dobber rondom 0,3%. Kom ons stem ooreen met die Woord van God terwyl ons aanbid, verklaar en bid vir 'n deurbraak in hierdie pragtige nasie.