Gratis leesplanne en oordenkings oor PSALMS 90:12

Ruimte om asem te haal
5 Dae
Voel jy ooit dat jy niks geniet nie, omdat jy alles probeer doen? Jy maak jou pad deur die lewe met jou geliefdes terwyl jy verskeie take gelyktydig verrig...Jy is effektief. Maar jy is poot-uit. Al wat jy nodig het is ‘n bietjie ruimte om asem te haal. Met een verbasend eenvoudige uitnodiging bied God aan jou ‘n manier om jou oorweldigende pas te verruil vir een wat vir jou uiteindelik vrede sal bring. Hierdie plan wys jou hoe.

Asemhalingsruimte
5 Dae
Voel jy ooit dat jy niks geniet nie, want jy probeer alles doen? 'Multitask' jy jou pad deur die lewe met jou geliefdes? Jy is doelgerig. Maar jy is uitgeput. Jy benodig net 'n bietjie spasie. Met 'n verrassend eenvoudige uitnodiging bied God 'n manier om jou oorweldigende pas te verruil vir een wat jou uiteindelik vrede sal bring. Hierdie leesplan sal jou wys hoe.

My Tyd - Sy Tyd
5 Dae
So dikwels gebruik ons die term “God se tyd is nie ons tyd nie” of “my tyd is in sy hande”. Ons verwys selfs na wat in die Woord staan; dat eenduisend dae vir God soos een dag is. Hierdie leesplan werp ‘n ander lig op die woord "tyd". Dalk is hierin iets van waarde en om deur ‘n ander bril na "tyd" te kyk.

Al die Gevoelens: Neem Beheer van Jou Gevoelens (in Plaas van Andersom)
7 Dae
Emosies — wees lief daarvoor of haat dit — ons het dit almal. Ons moet almal uitvind hoe om dit te hanteer. Wag eers. Kan ons iets aan emosies doen? Kan ons leer hoe om ons gevoelens te identifiseer, uit te druk, te ervaar — en ja, soms te twis — om 'n lewenslustige, gesonde lewe vir Jesus te lei? Hierdie leesplan sal jou toerus met die Bybelse perspektiewe en praktiese hulpmiddels wat jy nodig het om te floreer.

Wanneer My Pad Nie Gelyk Is Nie ...
7 dae
Ons stoei so dikwels met so baie dinge: bekommernis, angstigheid, ontsteltenis, vrees … Maar wanneer ons dink aan Jesus se intense menslike vrees kan dit vir ons soveel gerusstelling gee in die wete dat Hy self ook “daar” was, dat Hy my menslike bang hart verstaan en dat Hy juis dáár is om my deur te help. Hierdie oordenkings is geneem uit SIMFONIE VAN SEËN deur Milanie Vosloo.

Die Hantering van Verdriet
10 Dae
Wanneer iemand vir wie ons lief is sterf, ervaar ons gewoonlik verskillende emosies. Leer in hierdie 10-dag oordenking hoe om verdriet te hanteer as ons geliefdes hierdie aarde verlaat. Die Here het hierdie lesse vir my begin leer nadat my vrou aan die einde van Junie 2021 oorlede is.

Hoop Vir ’n Nuwe Dag
14 dae
Ware hoop is om met gestroopte eerlikheid te weet dat jy bang is, maar tog vorentoe te beweeg. Dis om die skerp klippe onder jou voete te voel, maar dan te kies om saam met jou Vader aan te hou stap. Hierdie leesplan is saamgestel uit KRAG VIR ELKE DAG deur Milanie Vosloo en sal jou help om dapper voort te beur deur tye wanneer jy voel jou hoop kwyn.