Gratis leesplanne en oordenkings oor PSALMS 8:4
Koninkryks-huwelik
5 Dae
Die huwelik kom met groot vreugdes en groot uitdagings. Een van die redes vir die uitdagings is omdat ons die Bybelse doel van die huwelik uit die oog verloor het. Ons het God verwyder en die huwelik in terme van geluk gedefinieer. Die huwelik bestaan om God te verheerlik deur sy invloed regoor die wêreld uit te brei. In hierdie 5-dag leesplan neem Dr. Tony Evans jou op 'n reis van 'n koninkryks-huwelik.
Hierdie Kersfees, Moenie Opgee Nie, Kyk Op
6 Dae
Ons het al almal die uitdrukking gehoor: "Dinge begin beter lyk." Dit beteken die situasie verbeter. Die Bybel leer ons dat ons omstandighede en situasies beter sal word wanneer ons begin opkyk. Haal jou oë van jou omstandighede af en fokus op God.
Die Here Is My Herder
7 dae
Het God al ooit vir jou ver gevoel? Oorverdowend stil wanneer jy Hom die nodigste het? Lizette Murray lei ons in hierdie 7 dagstukke uit haar dagboek DIE HERE IS MY HERDER om opnuut te ontdek dat God ons nooit verlaat nie. Hy is áltyd by ons. Hy is daar in die vreugdes van die lewe, maar ook in die hartseer en donker tye.
Geestelike Dissiplines Vir Dieper Intimiteit Met God en Geestelike Groei.
7 dae
Christene het 'n diep begeerte om in 'n dieper verhouding met God te staan, meer van Hom te beleef en sy weë beter te verstaan. Hierdie leesplan fokus op geestelike dissiplines wat mense kan help om op hierdie pad te loop.
Ontdek God se Visie
10 Dae
Net soos Ester het God jou lewe bestem vir 'n tyd soos hierdie. Sy hemelse doelwitte vir jou word bekendgemaak en vervul deur 'n daaglikse verhouding met Hom. In hierdie 10-dag leesplan deur Dr. Michael Youssef, sal jy bemoedig word om God te soek en te reageer op sy visie vir jou lewe. Leer hoe om in geloof te wandel en God in meer diepte te leer ken terwyl jy met sy ewige perspektief lewe.
God se Hartklop
30 Dae
'n Geloofskat lê in hierdie 30 dae van toewyding, "God se Hartklop". Elke dag begin met 'n lofverklaring met die woorde: "O Vader, U is ...". Dan word sy karakter en eienskappe (byvoorbeeld: "O Vader, U is goed") ontvou. Hierdie Skrifgevulde oordenkingsgebede lei die leser tot 'n beoefening om God se Naam te verhef, wat weer lei na 'n dieper begrip van sy doelbewuste hartklop van liefde vir sy mense.