Gratis leesplanne en oordenkings oor PSALMS 55:22
Hantering van Onsekerheid
5 Dae
Voel die lewe buite beheer? Hoe beveg jy angs en vrees in 'n wisselvallige wêreld gevul met politieke, ekonomiese en sosiale onsekerheid? Hoe hou jy vas aan hoop en leef in moedigheid? Ontdek in hierdie 5-dag leesplan drie Bybelse maniere om moed te kry in die lig van onsekerheid, en leer hoe jy dit in jou daaglikse roetine kan opneem.
Lewe Veranderd: Deur Jou Droefheid
5 Dae
Om 'n geliefde te verloor is hartverskeurend. Dit is 'n verskriklike pyn wat niemand kan verstaan nie, tensy hulle self in jou skoene gestaan het. Hierdie 5-dag leesplan is geskryf deur vroue wat self verlies ervaar het en wat jou wil help om troos en vrede in die Woord van God te vind. Hoewel hierdie leesplan jou nie kan help om die rouproses te versnel nie, glo ons dit sal jou help om jou daaglikse pyn te verduur en om jou hoop te gee.
Sewe Dinge Wat Die Bybel Oor Angs Sê
7 Dae
Elke dag het die potensiaal om komplekse nuwe uitdagings in ons lewens te bring. Dit is egter ewe waarskynlik dat elke nuwe dag vir ons opwindende nuwe geleenthede kan skenk. In hierdie 7-dag leesplan, help YouVersion personeellede jou om waarhede uit die Woord van God toe te pas op alles wat jy vandag in die gesig staar. Elke dag se oordenking sluit 'n Versbeeld in wat jy kan deel, oor dit wat God vir jou sê.
Genade en Dankbaarheid: Leef ten Volle in sy Genade
7 Dae
God het baie beloftes aan jou gemaak, en Hy is van plan om elkeen na te kom. In ons wêreld is dit egter vandag maklik om God se goedheid en genade te vergeet. Hierdie 7-dag leesplan sal jou help om sy oorvloedige genade en seëninge te onthou deur toewydingsinhoud, die Woord van God en 'n daaglikse gebed van nadenke. Hierdie leesplan het sy oorsprong uit die oordenkingsjoernaal "100 Days of Grace & Gratitude" deur Shanna Noel en Lisa Stilwell.
Voed Jou Geloof
7 Dae
Wat verwag jy nou? Verwag jy dat slegte dinge met jou gaan gebeur, of verwag jy dat God in jou lewe gaan opdaag? Ons vrees kan 'n selfvervullende profesie wees. Op dieselfde manier kan ons geloof ook die verloop van ons lewe lei. Vrees vergroot gevaar, terwyl geloof God vergroot!