Gratis leesplanne en oordenkings oor PSALMS 55:17
Onverwagse Tuisskool Onderwyser
5 Dae
Jy het waarskynlik nooit gedroom dat jy jouself in hierdie posisie gaan bevind waar jy sulke moeilike besluite oor jou kinders se onderwys sal moet neem nie. Maar nou, in hierdie ongekende tyd, is jy besig om tuisonderrig te oorweeg. Hierdie leesplan deur die veteraan tuisonderrig ma, Robin Meadows, is só geskryf dat dit sekere van jou vrae sal beantwoord, baie van jou vrese sal besweer, en jou sal bemoedig dat mét Jesus alles moontlik is!
7 Stadiums van Verdriet na 'n Miskraam
7 Dae
Die hartseer wat op 'n miskraam volg, het die potensiaal om ons nader aan God te trek of verder van Hom te verwyder. Ons vyand, die Satan, wil ons diepste emosies gebruik om ons so ver moontlik van God af weg te lok as wat moontlik is. Net God kan die vrede en genesing bring waarna ons harte smag. Hierdie leesplan gaan die sewe stadiums van verdriet identifiseer en vroue lei om ware genesing in die Woord van God te vind.
Lewe Veranderd: Gesprekke met God
7 Dae
Baie mense wil 'n hegter verhouding met God hê, maar weet nie hoe om dit aan te pak nie. Wanneer ander mense gebed voorstel, voel dit te formeel, intimiderend of ondoeltreffend. Hierdie leesplan sal lesers help om God beter te leer ken en die krag van gebed te ervaar, want elke leesplandag gee praktiese voorbeelde van hoe om meer betekenisvolle gesprekke met God te hê.
Gebed
21 Dae
Leer hoe om te bid, deur gebruik te maak van die gebede van gelowiges en die woorde van Jesus. Vind bemoediging daarin om op 'n daaglikse en gereelde basis jou versoeke, met deursettingsvermoë en geduld, na God te neem. Weeg die voorbeelde van leë, selfbehaaglike gebede op teenoor opregte gebede van persone met rein harte. Bid gedurig.