Gratis leesplanne en oordenkings oor PSALMS 51:19
Dade van Bekering
5 Dae
Bekering is een van die noodsaaklike aksies wat ons neem wanneer ons Christus aanneem as ons persoonlike Saligmaker. Bekering is óns aksie en vergifnis is die reaksie van God vanuit sy volmaakte liefde vir ons. Gedurende hierdie vyf-dag leesplan sal jy 'n daaglikse Skrifgedeelte ontvang, saam met 'n kort oordenking wat ontwerp is om jou beter te laat verstaan hoe belangrik jou wandel met God is. Vir meer inhoud, kyk by www.finds.life.church
Vry van Pornografie - John Bevere
5 Dae
Dis nie 'n leesplan om jou oor die kole te haal nie, ook nie om te sê jy moet harder probeer of jou lewe in orde kry nie. Die Vry van Pornografie leesplan, sal jou vanaf jou huidige omstandighede, versigtig en met genade en waarheid tot vryheid lei.
Vyf Gebede van Nederigheid
5 Dae
Het jy meer van God se genade, guns en seën nodig? Bid dan hierdie vyf eenvoudige gebede van nederigheid, en vra die Here om aan jou guns te bewys en jou te help. Hy sal jou gebed verhoor; Hy gee genade aan die nederiges! En as jy jou voor die Here verootmoedig, sal Hy jou ophef.
Hoe Om Deur Lyding Te Werk En Sterker Daaruit Te Kom
7 Dae
Elkeen van ons kan verseker weet dat ons die een of ander tyd in ons lewens lyding gaan ervaar. As ‘n berader het ek gesien hoe dié wat ly, verander word. Ek het gesien hoe diegene, wat eers deur trauma platgeslaan is, geleer het om blymoedig te ly. In hierdie kort oordenking bid ek dat jy sal besef dat jou storie nog nie klaar is nie. Jy mag dalk nou ly, maar jy kan leer om blymoedig te ly. In plaas daarvan om vasgevang te word in “Hoekom?”-vrae, kan jou vraag eerder “Wat is volgende?” wees. Jy kan veerkragtig word.
Diep Reiniging: Raak Ontslae van Skaamte, Giftige Invloede en Onvergewensgesindheid
7 Dae
Sê nou jy het nie nodig om te wag totdat jy breekpunt bereik om dit wat in jou lewe gebroke is te herstel nie? Net soos wat ons daarin belê om ons huise skoon te maak, is dit tyd om die Heilige Gees uit te nooi om ons harte skoon te maak. In hierdie 7-dag leesplan gaan ons leer hoe om van ons emosionele bagasie te laat vaar wat ons terughou en ons belas.
Sewe Tekens van Wandel in die Heilige Gees
10 Dae
Alle Christene het 'n verhouding met die Heilige Gees, maar nie alle Christene het intimiteit met Hom nie. Daar is 'n verskil tussen 'n verhouding en intimiteit. 'n Verhouding met die Heilige Gees ontstaan gedurende verlossing. Intimiteit ontstaan egter eers wanneer ons ons lewens aan die Heilige Gees oorgee.