Gratis leesplanne en oordenkings oor PSALMS 46:1

Sterk en Vasberade
4 dae
Die wêreld se probleme word daagliks groter. Die voortdurende gejaag van die lewe, die bedrywigheid en spanning, kan ons krag tap en ons swak en moeg laat voel. Hoe kan jy opstaan en sterk en vasberade lewe? Sluit aan by Bybeldosent Berni Dymet van Christianityworks en ontdek hoe jy in God se krag kan leef — nie jou eie nie — en ervaar die kragtige verskil wat dit maak.

Nege Algemene Leuens Wat Christene Glo
5 Dae
Dalk is God nie wie jy dink Hy is nie. Miskien is Hy veel beter. Hierdie leesplan sal jou help om sommige Christelike, geykte uitdrukkings te identifiseer wat ons almal al gehoor het, maar wat eintlik onbybelse leuens is. Hierdie holruggeryde frases mag onskuldig voorkom, maar is eintlik skadelik vir jou geloof en laat hopeloos te veel gelowiges vassit in geestelike onvolwassenheid. Leer om hierdie leuens te benader met die waarhede oor God in die Bybel om sodoende bemoediging en vryheid in ons lewens te bring.

Om Deur Geestelike Valleie te Gaan
5 Dae
As volgelinge van Christus verkies ons om hoogtepunte in ons geloof te beleef. Dis egter eerder in die geestelike valleie en dieptes waar ons gewoonlik leer om te groei en waar ons geloofshorisonne kan verbreed. Na afloop van hierdie 5-dag leesplan sal jy begryp hoe om die geestelike laagtepunte in jou lewe met genade en hoop te hanteer, in die wete dat God selfs dáár met jou is, al voel dit soms nie vir jou so nie.

Hoop vir die Mamma met Nageboortelike Depressie
5 Dae
Die Bybel verwys nie spesifiek na die tydperk na die geboorte van 'n baba nie, maar daar is verskeie verhale oor mense wat deur moeilike tye gaan, wat vir ons wys dat daar in elke lewenstydperk hoop is. Hierdie 5-dag leesplan gee vir die mamma hoop gedurende hierdie tydperk wat 'n onverwagse donker periode kan wees. Amanda Taylor, wat nageboortelike depressie oorwin het, bied saam met professionele berader en sosiale werker, Jan Kimball, hoop aan mamma's in hierdie bemoedigende leesplan

Wanneer Tragedie Toeslaan
5 Dae
Daar is geen beperking op wie tragedie kan ervaar nie. Vroeër of later sal almal die hartseer en probleme ervaar wat verband hou met skielike traumatiese gebeure wat die lewe vir altyd verander. Sluit by Dr. Charles Stanley aan wat jou nooi om God se medelye tydens krisistye te ervaar en jou sal help ontdek hoe jy moet reageer wanneer tragedie toeslaan.

Sekerheid In Onsekere Tye
5 Dae
Te die midde van onsekerheid is God sekerheid! Kom kyk verby onsekerheid en negatiwiteit saam met David Villa in sy jongste leesplan om iets groter te bereik.

Twyfel In God
7 Dae
Wat as twyfel nie die teenoorgestelde van geloof is nie, maar 'n poort na 'n dieper geloof? In hierdie 7-dae leesplan van pastoor Craig Groeschel se boodskapreeks, Twyfel in God, sal ons ontdek dat twyfel nie van jou 'n slegte Christen maak nie. Trouens, dit is dalk net 'n noodsaaklike bestanddeel van dissipelskap.

Anderkant Rampspoed: Vind Nuwe Krag en Hoop in die Bybel
7 Dae
Rampe kan jou lewe onderstebo draai, maar dit help om ons algemene geestelike, emosionele en fisiese reaksies te herken. Hierdie leesplan stippel Bybelse wyshede uit wat die toets van die tyd deurstaan het. Die leesplan stel vaardighede en hulpbronne voor om jou te help om die moeilike lewenstydperke baas te raak en die toekoms met hoop tegemoet te gaan.

Depressie
7 Dae
Depressie kan enige iemand van enige ouderdom affekteer vir baie redes. Hierdie sewe-dae leesplan sal jou na die Berader toe lei. Laat jou gedagtes stil word en maak jou hart oop terwyl jy die Bybel lees en jy sal vrede, krag en ewige liefde vind. Vir meer inhoud, besoek finds.life.church.

My Kind is Anders: Ondersteuning vir die Goeie en Slegte Tye
8 Dae
Hierdie leesplan is bedoel vir ouers van kinders met gestremdhede, wat verskillend is of enige spesiale behoeftes het — ongeag waar jy jou in jou reis bevind. Lees wat ander ouers en ondersteuners sê hoe om die gevoelens te hanteer, die beproewinge aan te pak en die oorwinnings te geniet wanneer dit by ouerskap kom van 'n kind wat verskillend is.

Om die Waarheid van God in Lewensstorms te Vind
10 Dae
As Christene is ons nie gevrywaar van probleme op aarde nie. Inteendeel, Johannes 16:33 verseker ons dat probleme sal opduik. Indien jy tans lewensstorms trotseer, is hierdie leesplan vir jou bedoel. Dit is 'n herinnering aan die hoop wat ons deur die lewensstorms dra. Indien jy tans nie enige stryd ervaar nie, sal dit die fondament vestig wat jou sal help tydens toekomstige beproewinge.

Wees Sterk en Standvastig
10 Dae
Wanneer dit voel of die uitdagings van die lewe vir jou te veel raak, draai na die Woord van God toe en skep weer nuwe moed. Hierdie 10 oordenkings uit WEES STERK EN STANDVASTIG sal jou help om nuwe moed en krag te kry vir elke dag se uitdagings by die heel grootste Bron van krag.

Trapklippe Na Shalom
12 Dae
In Judaïsme is die woord vrede — shalom — in die Hebreeuse woord shalem gegrond, wat "heel" of "voltooi" beteken. Ware shalom beteken dus dat verskillende partye doelbewus hul verskille eenkant toe skuif en ooreenkom om die goeie in die ander te sien, en dan nie slegs om langs mekaar te woon nie, maar tussen mekaar ter wille van 'n hoër doel. Hierdie leesplan verken 12 verskillende "trapklippe" wat ons kan lei om shalom in ons lewens te bereik.