Gratis leesplanne en oordenkings oor PSALMS 42:1
![Jesus, ek het U nodig!](/_next/image?url=https%3A%2F%2F%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F37140%2F640x360.jpg&w=1920&q=75)
Jesus, ek het U nodig!
3 Dae
Voel jy 'n diepe behoefte aan Jesus? Hierdie 3-dag leesplan oor gebed is ontwerp om jou alleentyd met Hom te verryk en jou te help om na Hom uit te roep. Dit dien ook as 'n begeleide gebed vir die agt-deel reeks "Jesus, ek het U nodig" deur Thistlebend Ministries.
![Ek is Bemoedigend](/_next/image?url=https%3A%2F%2F%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F1871%2F640x360.jpg&w=1920&q=75)
Ek is Bemoedigend
4 dae
Om ander te bemoedig, is meer as om net 'n rasieleier te wees. Laat hierdie 4-dag leesplan van Life.Church jou help om die skoonheid en krag van bemoediging te ontdek. Begin lees uit deel drie van die reeks "Bly Positief" wat uit ses gedeeltes bestaan.
![’n Dieper Verhouding Met God Deur Trevor Hudson](/_next/image?url=https%3A%2F%2F%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F14356%2F640x360.jpg&w=1920&q=75)
’n Dieper Verhouding Met God Deur Trevor Hudson
5 dae
Hierdie 5-dag-leesplan oor ’n dieper verhouding met God sal lesers daaraan herinner dat God hulle baie liefhet. Dit beklemtoon hoe belangrik dit is om te midde van ons besige lewe tyd alleen met God deur te bring. Elke dag bevat gedagtes oor ’n tema (soos gebed en hoop) en eindig met ’n Bybelvers. Die inhoud vir hierdie leesplan is gebaseer op Trevor Hudson se boek, “’n Dieper verhouding met God”.
![Soek in Sewe](/_next/image?url=https%3A%2F%2F%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F31479%2F640x360.jpg&w=1920&q=75)
Soek in Sewe
7 Dae
Hierdie leesplan wys wat dit vra om 'n God-eerste leefstyl te leef, en sodoende toegang tot God se beloftes te verkry. Deur Hom eerste te soek, kan jy 'n doelgerigte lewe lei — gevul met voorsiening, verlossing en roeping. Gedurende die volgende sewe dae sal ons God in 'n omgewing soek waarin jou aandag nie afgelei word nie, en waar jy nader aan Hom gaan kom as wat jy ooit gedink het moontlik is.
![121 Advent](/_next/image?url=https%3A%2F%2F%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F1267%2F640x360.jpg&w=1920&q=75)
121 Advent
24 Dae
Die geboorte van Jesus, sy advent (koms), is God se uiteindelike plan vir ons verlossing. In Christus sien ons die volle prentjie van God se hoop, vrede, vreugde en liefde. Die Woord van God is die waarheid waardeur ons Hom ken en daagliks met Hom wandel. Dit is ons hoop dat hierdie leesplan jou sal bemoedig om persoonlike tyd in die Woord deur te bring en dat dit 'n bron sal wees vir gesinne met kinders om dit saam te lees.
![Liggaamshoudings Gedurende die Adventtyd: 'n Leesplan vir Kersfees](/_next/image?url=https%3A%2F%2F%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F22448%2F640x360.jpg&w=1920&q=75)
Liggaamshoudings Gedurende die Adventtyd: 'n Leesplan vir Kersfees
27 Dae
Die liggaamshoudings wat ons gedurende die Kersseisoen inneem, maak 'n groot verskil aan hoe ons die wonder van die Adventtyd ervaar. Word geïnspireer deur jouself gedurende hierdie 4-week leesplan volkome aan Jesus oor te gee, net op Hom te fokus en die genade van ons Koning as jou eie te aanvaar, terwyl jy deur vyf verskillende liggaamshoudings beweeg: Oë Gerig, Kop Opgelig, Knieë Gebuig, Hande Oop en Arms Wyd.