Gratis leesplanne en oordenkings oor PSALMS 16:6

Alles Wat Ek Nodig Het
3 Dae
God gaan voor ons uit en beskerm ons van agter. Hy is alreeds besig om ons gevegte te hanteer. Hy kan sien wat in ons blindekol aangaan. Hy word nie deur onverwagse gebeure verras nie. Hierdie 3-dag leesplan sal jou bemoedig met die waarheid dat God die Voorsiener is van presies wat jy vir jou lewe nodig het.

Ten Goede Verander
4 Dae
As jy al 'n betekenisvolle oomblik van geloof of familie ervaar het, is daar 'n goeie kans dat die sanger en liedjieskrywer Gary LeVox van die Rascal Flatts al daaroor gesing het. Met meer as 22 miljoen albums wat verkoop is en 16 no. 1 enkelsnitte, het hierdie liedjies die klankbaan van baie lewens geword. As gevolg daarvan, word miljoene van ons Ten Goede Verander.

Jy Kán Verander Deur Gerdi van den Berg
5 dae
Hierdie 5-dag-leesplan sal lesers aanmoedig om ’n verandering in hul lewe te maak. Elke dag bevat gedagtes rondom die temas van gedagtes en verandering, en eindig met ’n Bybelvers. Die inhoud vir hierdie leesplan is gebaseer op Gerdi van den Berg se boek "Jy kán verander".

Boodskappe uit die Hemel: Luister na die Here in jou Daaglikse Lewe
5 Dae
Die Here is vandag lewendig en aktief en Hy praat direk met elkeen van sy kinders. Soms is dit egter moeilik om Hom te sien en te hoor. Deur hierdie verhaal van een man se reis om die stem van God in die arm woonbuurte van Nairobi te verstaan, sal jy leer hoe dit lyk om Hom te hoor en te volg.

Hoop Tydens 'n Wêreldwye Pandemie
5 Dae
Ons lewe tans in ongeëwenaarde tye op aarde. Geskiedkundig kon ons nog altyd hoop vind wanneer ons ons tot die Een wend wat alles gemaak het en wat Here van almal is. Wat sê die Bybel waarom hierdie dinge gebeur, wat is God se reaksie daarop, en wat is my hoop in lewe en dood?

Wat Jesus Nooit Gesê Het Nie
6 Dae
As Jesus akkoord gegaan het met al die aansprake wat sy volgelinge aan Hom gekoppel het, dan sou Hy baie verward gewees het, want Hy sou gedurig in stryd met Homself wees en terselfdertyd besig wees om al die stellings van beide kante te debateer. Genadiglik praat Jesus namens Homself. Jy kan in hierdie Life.Church leesplan van Pastoor Craig Groeschel meer oor Jesus se woorde lees.

Vreugde op die Reis: Vind Hoop Te Midde Van Beproewing
7 Dae
Ons sien of voel dit dalk nie altyd nie, maar God is altyd met ons ... selfs wanneer ons deur moeilike dinge gaan. In hierdie leesplan skryf "Finding Hope" koördineerder, Amy LaRue, uit die hart oor haar eie gesin se stryd met verslawing en hoe God se vreugde in hul donkerste tye deurgebreek het.