Gratis leesplanne en oordenkings oor PSALMS 13:5

Herstel van Teleurstelling
7 Dae
Die lewe het 'n manier om ons op ons knieë te dwing. Of dit nou deur die verlies van 'n werk is, of 'n finansiële situasie of 'n verhouding wat verbreek is. Elkeen van ons weet hoe mislukking voel. Om te weet hoe om uit hierdie stryd op te staan is noodsaaklik indien ons God se volkome voorsiening en genade wil ervaar. In hierdie leesplan voorsien Dr. Evans ons van 'n Bybelse fondament vanwaar ons kan leer hoe om hierdie teleurstellings in ons alledaagse lewe te oorkom.

Genade en Dankbaarheid: Leef ten Volle in sy Genade
7 Dae
God het baie beloftes aan jou gemaak, en Hy is van plan om elkeen na te kom. In ons wêreld is dit egter vandag maklik om God se goedheid en genade te vergeet. Hierdie 7-dag leesplan sal jou help om sy oorvloedige genade en seëninge te onthou deur toewydingsinhoud, die Woord van God en 'n daaglikse gebed van nadenke. Hierdie leesplan het sy oorsprong uit die oordenkingsjoernaal "100 Days of Grace & Gratitude" deur Shanna Noel en Lisa Stilwell.