Gratis leesplanne en oordenkings oor PSALMS 121:7

HY SORG
5 Dae
Het jy God se voorsiening in jou finansies, jou huwelik, met jou kinders of selfs met jou toekoms nodig? Hy is onveranderlik en sy voorsiening ook. In hierdie reeks word ons opnuut herinner dat Hy voorsien, genees, bewaar en met ons is.

Aangesteek: 'n Eenvoudige Gids vir Vrymoedige Gebed
6 Dae
Gebed is 'n geskenk, 'n ongelooflike geleentheid om in verhouding met ons hemelse Vader te wees. In hierdie 6-dag leesplan sal ons ontdek wat Jesus ons geleer het oor gebed en geïnspireer word om gereeld en met groot vrymoedigheid te bid.

Ontbrand: 'N Eenvoudige Gids Vir Vrymoedige Gebed
6 Dae
Gebed is 'n geskenk, 'n ongelooflike geleetheid om met ons Hemelse Vader in 'n verhouding te wees. In 6-dag-plan, sal ons ontdek wat Jesus ons geleer het oor gebed en geïnspereer word om konsekwent en met groot vrymoedigheid te bid.

Lewe Veranderd: Ma tot Ma
7 Dae
Om 'n ma te wees, is die lonendste rol wat ons ooit sal speel, maar die reis deur moederskap is 'n uitdaging. Dis propvol onsekerhede, beproewings, vernederende oomblikke en geleenthede om op God te vertrou. In hierdie 7-dag leesplan deel sewe ma's vanuit verskillende fases van die lewe hulle ondervinding en wysheid oor moederskap.

Bid God Se Waarheid Oor Jou Vrese
10 Dae
Of dit nou familielede of vriende is wat hul vrese deel en of dit die nuuskanale is met die jongste gebeure, dit blyk dat daar meer as genoeg is om oor bekommerd te wees; en dit skuif 'n mens se fokus na vreesaanjaende omstandighede. Dis in tye soos dié dat mens jou gedagtes met God se waarheid moet vernuwe. Hierdie 10-dag leesplan sal jou help om God se waarheid oor jou hart, siel en verstand af te bid.

God se Hartklop
30 Dae
'n Geloofskat lê in hierdie 30 dae van toewyding, "God se Hartklop". Elke dag begin met 'n lofverklaring met die woorde: "O Vader, U is ...". Dan word sy karakter en eienskappe (byvoorbeeld: "O Vader, U is goed") ontvou. Hierdie Skrifgevulde oordenkingsgebede lei die leser tot 'n beoefening om God se Naam te verhef, wat weer lei na 'n dieper begrip van sy doelbewuste hartklop van liefde vir sy mense.

Oordenking: Bid vir lande regoor die wêreld
30 Dae
Welkom by jou groot avontuur! Deur middel van hierdie oordenkings gaan ons deur die wêreld reis en waarhede in die Woord van God ontgin. Ons toergidse is vriende van die uiteenlopende netwerk van "OneHope" se wêreldwye vennote. Hulle geografiese gebiede verskil dalk, maar hulle is almal verenig met die doel om die Woord van God te verkondig. Reis saam met ons deur die Skrif op 'n 30-dae toer!