Gratis leesplanne en oordenkings oor PSALMS 119:18

Tony Evans Onderrig oor Bibliologie
5 Dae
Tydens 'n rugbywedstryd is daar 'n derde span op die veld — 'n span amptenare wat hul gesag kry deur die reëlboek uit te voer. Net soos die gesag in 'n rugbywedstryd berus in die reëlboek wat die amptenare gebruik, berus gesag in die koninkryk van God in sy reëlboek, die Bybel. In hierdie 5-dag leesplan stel dr. Tony Evans jou bekend aan bibliologie: die studie van die Bybel.

Die Bybel vir Almal: Hoe om vir Bybelvertaling te Bid
5 Dae
Op watter manier het die Bybel jou lewe verander? Wanneer die lewe ons onderkry kan ons in die Woord rigting en troos vind. Wat as die Bybel egter nie in ons taal beskikbaar is nie? Dit is vandag die realiteit vir een miljard mense. Sluit aan by die 5-dag leesplan om die Woord te lees saam met maklike en effektiewe metodes om vir mense te bid wat nie 'n Bybel het nie.

Die Bybel: 'n Verduideliking
7 Dae
Die Bybel is een van die invloedrykste boeke van alle tye, maar dit kan oorweldigend voorkom om te weet hoe om dit te verstaan en wat om daarmee te doen. Hierdie 7-dag leesplan sal jou help om te ontsluit wat die Bybel is, hoekom dit saak maak, en hoe jy dit vandag kan verstaan. Ons sal ook ontdek hoe jy God se Woord in sy wêreld kan aanwend.

Om Die Stem Van God Te Hoor
11 Dae
Wil jy van God hoor? In hierdie reeks help pastoor Rick jou om die hindernisse te verstaan wat jou daarvan weerhou om van God te hoor en die veranderinge wat jy in jou lewe moet maak sodat jy sy wil kan ken en doen.

Vreugde In Alle Tydperke
30 Dae
Het jy al ooit gewonder: "Is dit moontlik om vreugde in alle tydperke van die lewe te ervaar?" Carol McLeod glo dat God geweldig baie vreugde tot jou beskikking het wat binne jou bereik is. In hierdie leesplan sal jy ontdek hoe om op God te vertrou wanneer die lewe nie regverdig is nie, hoe om die Skrif te oordink wat jou denke sal herskep en hoe om teleurstelling, te midde van onsekerheid, in 'n jubelende hart te verander.