Gratis leesplanne en oordenkings oor PSALMS 119:160

Die Wapenrusting Van God
5 dae
Daar woed elke dag, die hele dag lank, ’n onsigbare oorlog om vroue. Dit kan nie gesien of gehoor word nie, maar dit kan in elke aspek van ’n mens se lewe gevoel word. ’n Toegewyde, bose vyand wil chaos veroorsaak in alles wat vir ’n vrou saak maak: haar hart, gedagtes, huwelik, kinders, verhoudings, drome en toekoms. Maar sy oorlogsplan behels dat hy haar onverhoeds en ongewapen moet vang.

Die Bybel vir Almal: Hoe om vir Bybelvertaling te Bid
5 Dae
Op watter manier het die Bybel jou lewe verander? Wanneer die lewe ons onderkry kan ons in die Woord rigting en troos vind. Wat as die Bybel egter nie in ons taal beskikbaar is nie? Dit is vandag die realiteit vir een miljard mense. Sluit aan by die 5-dag leesplan om die Woord te lees saam met maklike en effektiewe metodes om vir mense te bid wat nie 'n Bybel het nie.

Die Wapenrusting van God
5 Dae
Elke dag woed 'n onsigbare oorlog om jou — jy hoor en sien dit nie, tog voel jy dit in elke faset van jou lewe. 'n Vasbeslote, duiwelse vyand probeer om amok te maak in alles wat vir jou belangrik is: in jou hart, denke, huwelik, kinders, jou drome en eindbestemming. Sy gevegsplan maak daarop staat om jou onverhoeds en ongewapen te betrap. As jy egter moeg is om heen en weer geslinger en uitgevang te word die oomblik wat jy ontspan, dan is hierdie die regte leesplan vir jou.