Gratis leesplanne en oordenkings oor PSALMS 100

Vreugde: 'n Aftelling tot by Kersfees
7 Dae
Kersfees is veronderstel om 'n tyd van vreugde te wees, maar wat is vreugde nou eintlik en hoe kies jy dit as die wêreld vol hartseer en moeilikhede is? Ontdek wat "vrede op aarde" regtig beteken, deur jou in die Kersverhaal te verdiep met hierdie spesiale 7-dag Kersfees leesplan.

21-Dae Vas
21 Dae
Begin jou nuwe jaar deur te fokus op die geestelike dissipline van vas. Hierdie leesplan sluit 'n verskeidenheid Skrifgedeeltes oor vas in en ander wat jou aanmoedig tot nadenke, en om nader aan God te kom. Jy sal oor die verloop van 21 dae 'n Bybelgedeelte kry om te lees, met 'n kort oordenking en vrae vir nadenke. Vir meer inhoud, gaan na www.finds.life.church.

Herontdek die Kersfeestyd
25 Dae
Begin 'n nuwe Kersfeestradisie met 'n nie-tradisionele verandering van die Adventstyd. 1 Desember is 'n ideale dag om hierdie avontuur te begin, maar as jy vroeër begin, het jy meer tyd om dit op 'n stadiger pas te voltooi. Dit sluit oordenkingsvrae en aksie-stappe in om Christus elke dag die middelpunt van jou lewe te maak. Geskik vir individue, gesinne en klein groepies.

'n Sprong van Vreugde
31 Dae
Die Bybel leer ons dat "in sy teenwoordigheid is daar volkome blydskap" en dat "die vreugde van die Here ons sterkte is". Vreugde is nie net nog 'n emosie nie, dit is 'n vrug van die Gees en een van die beste wapens in ons arsenaal om ontmoediging, depressie en nederlae te beveg. Bring 31 dae deur om te leer wat die Bybel sê van vreugde en versterk jouself om 'n oorwinnende en vreugdevolle Christen te word.