Gratis leesplanne en oordenkings oor PSALMS 1:1
Oorvloedige Liefde Deur Nina Smit
5 dae
Hierdie 5-dag-leesplan oor God se liefde en oorvloed sal lesers verseker van God se sorg, vergifnis en beskerming en hulle herinner om sy daaglikse seën te waardeer. Elke dag bevat gedagtes rondom ’n spesifieke tema (soos vergifnis, werk en hoop) en ’n gebed en eindig met ’n Bybelvers. Die inhoud vir hierdie leesplan is gebaseer op Nina Smit se “Oorvloedige liefde”.
Lewenslustig: 'n Lewe van Oorvloed
5 Dae
Jy is geskep om 'n lewenslustige getuienis te wees van alles wat God is. Jou hart, en daarom ook jou lewe, is gemaak vir buitengewone oorvloed en vir stralende vreugde. Soos jy dieper delf in die beloftes in van die Woord van God, sal jou lewe die oorvloed van die Vader ten toon stel.
Lei My, Here
7 dae
Vir ’n pad besaai met struikelblokke, uitdagings en krisisse het 'n man vandag een ding nodig: God se leiding. Hierdie sewe gebede deur pa-en-seun-duo Rob en Josh Teigen sal elke man help om weer terug te keer na die Een wat hom deur elke krisis kan lei. Die gebede is geneem uit hul gebedeboek 101 GEBEDE VIR MANS.
Die Bron van jou blydskap
7 Dae
Met Jesus as die hoofbron van jou blydskap is dit moontlik om élke dag met blydskap tegemoet te gaan. Die vreugde wat God gee, staan heeltemal los van alle ander dinge, dis ’n vreugde "ten spyte van". Nina Smit wil jou in hierdie 7-dag-leesplan herinner dat jóú blydskap nie van jou fisiese omstandighede afhang nie, maar ’n Persoon is met wie jy in ’n lewende verhouding staan.