Gratis leesplanne en oordenkings oor SPREUKE 31:30

Beter As Normaal
5 Dae
Normaal beteken dat ons aan 'n gewilde standaard voldoen, maar tog is daar miljarde mense op die aarde, elkeen uniek en uiteenlopend. Normaal is dikwels die plek van voorkeur om in te "leef", maar dit is waarlik nie altyd gesond nie. In hierdie leesplan gaan ons God se Woord bestudeer oor hoe om verby 'n normale leefwyse te beweeg en veranderinge aan te bring, sodat ons beter as normaal kan leef.

Sewe Dinge Wat Die Bybel Oor Die Huwelik Sê
7 Dae
Die Bybel sê wanneer jy 'n gade vind, jy 'n goeie ding gevind het. Hoe kan jy daardie gevoel laat aanhou? En kan jy voortgaan om nader aan mekaar te groei? Wat verg dit van 'n goddelike huwelik om sy belofte te vervul? In hierdie 7-dag leesplan van YouVersion, deel personeellede hul antwoorde op hierdie vrae en nog meer. Elke dag sluit 'n versbeeld in wat jy kan deel om jou gade te eer.

Romantiese Afsprake In Die Moderne Era
7 Dae
Romantiese afsprake . . . wek hierdie frase angstigheid of opwinding in jou hart? Met al die tegnologiese maniere waarop ons deesdae met mekaar kan kontak maak, wil dit voorkom of afsprake meer ingewikkeld, verwarrend en frustrerend as tevore is. Ben Stuart sal jou met hierdie 7-dag leesplan help om te sien dat God 'n doel met hierdie seisoene in jou lewe het: enkellopend, afsprake, verloof, getroud. Hy gee jou riglyne om jou te help bepaal met wie jy moet uitgaan en hoe om afsprake aan te pak. Ben is die pastoor van Passion City Church, Washington, DC en voorheen uitvoerende hoof van Breakaway Ministries, 'n weeklikse Bybelstudie wat deur duisende universiteit studente op die kampus van Texas A&M bygewoon word.

Koeke en terte
7 dae
Vir mense wat vir hulself kan lag. Susan Coetzer takel ernstige onderwerpe soos dat jy as vrou goed genoeg is, jy nie so hard op jouself moet wees nie en jy is genoeg vir God net soos jy is. Sy help jou om jouself en ander te leer waardeer.

Meer As Korale
7 dae
Ons almal ken die Spreuke 31-vrou. Daardie pragtige vrou wat meer werd is as edelstene, as asemrowende korale ... Maar moenie geïntimideerd voel nie! Jy kan deur God se genade daardie eienskappe in jouself vestig; een eienskap of deug op ’n slag. In hierdie 7 oordenkings, geneem uit MEER AS KORALE, help Elizabeth George jou om hierdie transformasie af te skop.

Vroue Van Die Bybel
7 Dae
Om God te volg is beslis nie aldag maklik nie! Nie vandag nie, en ook nie 2 000 jaar gelede nie. In hierdie leesplan kan jy stilstaan by ses inspirerende vroue uit die Bybel en sien hoe hulle God gevolg het – ten spyte van hul tekortkominge en mislukkings. Hierdie leesplan is saamgestel uit VROUE VAN DIE BYBEL deur Wayne Barber, Eddie Rasnake en Richard Shepherd.

Gee Alles Weg … en Kry Weer Alles Terug
9 Dae
David Green, die stigter en Hoof Uitvoerende Beampte van "Hobby Lobby", deel met ons hoe 'n vrygewige lewe die beste persoonlike belonings teweegbring, 'n kragtige nalatenskap aan jou gesin bied en ook die lewens verander van diegene met wie jy in aanraking kom. Dit is 'n uittreksel uit die boek "Giving It All Away … and Getting It All Back Again".