Gratis leesplanne en oordenkings oor SPREUKE 29:18

Leef Doelgerig
3 Dae
In hierdie drie-dag leesplan gaan ons kyk wat dit beteken om doelgerig te lewe. Dit kan al te maklik wees om doelloos te leef, en dis hartseer as ons kosbare lewens so sonder doel verbygaan. Staan dus die volgende drie dae af om te sien wat dit beteken om jou weg te keer van die weë van die wêreld, en op te kyk na God om vir Jesus te begin volg — doelgerig.

Chazown saam met pastoor Craig Groeschel
5 Dae
Chazown — 'n Hebreeuse woord vir visie, is wat God in gedagte het vir jou lewe. Om jou chazown te ontdek, begin met die ondersoek van jou kernwaardes, geestelike gawes en vorige ervarings. Hierdie leesplan sal jou help om algemene temas te identifiseer, duidelikheid te bring oor jou unieke passies, en jou te lei na die doel wat God net vir jou het. Begin om vandag jou volgende stappe te beplan om God se visie — sy chazown — vir jou lewe na te streef!

Oorwin Die Twyfel
7 dae
Twyfel. Selfs die woord maak ons ongemaklik! Moenie toelaat dat twyfel in jou lewe inkom nie – hou altyd jou oë op Jesus gevestig. Wanneer daar tye kom wanneer jy verward is of twyfel en bekommerd is, moet jy al jou bekommernisse aan Hom oorgee. Angus Buchan gesels in hierdie 7 oordenkings uit sy dagboek ALLES WAT EK NODIG HET oor hoe ons die stryd teen twyfel kan oorwin.

Beloftes vir u Alledaagse Lewe
14 dae
Begin u dag met 'n praktiese Bybelonderrig van Joyce Meyer. Hierdie daaglikse toewyding sal jou hoop gee, help om jou gedagtes te verfris en te ontdek dat jy elke dag met doel en passie kan leef!

Die Nalatenskapsreis
31 Dae
Dave Ramsey is Amerika se betroubare stem oor geldbestuur en besigheid. Na sy eie bankrotskap op die ouderdom van 30, het Dave begin leer hoe God wil hê dat geld bestuur moet word. Dave wy homself nou daaraan toe om ander te leer hoe om beheer oor hulle geld te neem, sodat hulle kan lewe en gee soos nog nooit tevore nie. Oor die volgende 31 dae, sal Dave jou lei deur wat die Bybel oor geld en rykdom te sê het en hoe om so te lewe dat jy ‘n nalatenskap sal agterlaat vir die geslagte wat volg.