Gratis leesplanne en oordenkings oor MARKUS 4:39
![Alles Rus: Ontvang Hierdie Kersfees Jesus se Rus](/_next/image?url=https%3A%2F%2F%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F9212%2F640x360.jpg&w=1920&q=75)
Alles Rus: Ontvang Hierdie Kersfees Jesus se Rus
5 Dae
Dis die feesgety om vrolik te wees, maar ook 'n baie besige tyd. Kom rus en aanbid vir 'n oomblik en ervaar hoe dit jou deur die feesgety sal onderhou. Hierdie 5-dag Advent leesplan is gebaseer op die boek "Unwrapping the Names of Jesus". Dit sal jou help om hierdie Kersfees Jesus se rus te ontvang deur vir 'n paar oomblikke sy goedheid te onthou, jou behoeftes uit te spreek, sy stilte te soek en op sy getrouheid te vertrou.
![Die Evangelie van Markus met Francis Chan](/_next/image?url=https%3A%2F%2F%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F18065%2F640x360.jpg&w=1920&q=75)
Die Evangelie van Markus met Francis Chan
5 dae
Voel jy dat Markus ’n baie belangrike deel van Jesus se storie oorgeslaan het? Kan ons steeds die realiteit besef dat God ’n persoon geword het, sonder om te hoor van Jesus se bonatuurlike geboorte? Die antwoord is ja. In hierdie Bybelstudie van RightNow Media en Francis Chan, vra Francis vir ons: “Het jy al werklik die impak van daardie stelling oorweeg – die gebeurtenis toe God mens geword het?”
![Nie Bang Nie: Hoe Christene op Krisisse kan Reageer](/_next/image?url=https%3A%2F%2F%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F18802%2F640x360.jpg&w=1920&q=75)
Nie Bang Nie: Hoe Christene op Krisisse kan Reageer
5 Dae
As 'n krisis in ons wêreld plaasvind, is dit maklik om ons geloof te bevraagteken, en is dit moeilik om die paniek wat ons ondervind te vervang met die vrede wat ons as volgelinge van Jesus beloof is. In hierdie vyf-dag leesplan van Pastoor Craig Groeschel se reeks, "Not Afraid", ontdek ons drie dinge wat ons as Christene kan doen wanneer ons 'n krisis in die gesig staar.
![Wat Jesus Gesê Het Oor Om Hom Te Volg](/_next/image?url=https%3A%2F%2F%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F43550%2F640x360.jpg&w=1920&q=75)
Wat Jesus Gesê Het Oor Om Hom Te Volg
6 Dae
Die eerste ding wat Jesus met die dissipels gedoen het was om hulle te roep (Matteus 4:19). Jesus kom vandag nog om mense te roep. Baie dink dit het net met bekering te doen. Nee — wanneer Jesus kom, roep Hy mense om Hom te volg en vissers van mense te maak. Die twee begrippe kan nie van mekaar geskei word nie.
![Gesindheid](/_next/image?url=https%3A%2F%2F%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F110%2F640x360.jpg&w=1920&q=75)
Gesindheid
7 Dae
Hoe kan ons die regte gesindheid in elke situasie betoon? Wat is die regte gesindheid? Hierdie 7-dag leesplan vind antwoorde in die lewe en leringe van Christus. Laat hierdie daaglikse aanmoedigings, nadenkende gebede en kragtige Skrifte die denkwyse van Christus in jou vorm.
![Verslaaf Aan Besig Wees: Herstel Vir Die Gejaagde Siel](/_next/image?url=https%3A%2F%2F%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F1934%2F640x360.jpg&w=1920&q=75)
Verslaaf Aan Besig Wees: Herstel Vir Die Gejaagde Siel
7 Dae
Vir diegene wat te vinnig deur die lewe beweeg — 'n gids om jou te help om stadiger te leef en rus te ontdek. In "Verslaaf Aan Besig Wees" wys Brady Boyd ons hoe om 'n lewe te leef wat stilte en afsondering koester, en die vrede te vind wat God vir ons wil hê.
![Sewe Dae van Bid deur Verlies](/_next/image?url=https%3A%2F%2F%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F2381%2F640x360.jpg&w=1920&q=75)
Sewe Dae van Bid deur Verlies
7 Dae
Sewe Dae van Bid deur Verlies, is 'n spesiale 7-dag veldtog wat ontwerp is om jou gees te versterk en jou hart te bemoedig. Elke dag bevat 'n Skrifgedeelte, spesifiek vir daardie dag se gebed en 'n gebed vir jou om te bid of te gebruik as basis vir jou eie gebed oor daardie dag se onderwerp van herstel van verlies. Gedurende hierdie sewe dae sal jy hoop in die Woord van God vind en bemoediging in die wete dat sy liefde en vertroosting in enige situasie joune is.
![Streef Na Vrede](/_next/image?url=https%3A%2F%2F%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F3438%2F640x360.jpg&w=1920&q=75)
Streef Na Vrede
7 Dae
"Tearfund" soek God se leiding oor hoe om 'n stem vir vrede, herstelde verhoudings en samehorigheid tussen gemeenskappe regoor die wêreld te wees. Hierdie 7-dag leesplan het daaglikse aksies om jou eie gebroke verhoudings te herstel en vir die wêreld waarin jy woon te bid. 'n Rykdom van Afrika spreuke help jou om God se ware vrede te vind.
![Goddelike Leiding](/_next/image?url=https%3A%2F%2F%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F3670%2F640x360.jpg&w=1920&q=75)
Goddelike Leiding
7 Dae
Ons maak elke dag keuses wat ons lewensverhaal bepaal. Hoe sou jou lewe lyk as jy foutlose keuses kon maak? In die Goddelike Leiding-leesplan, moedig Craig Groeschel, die New York Times se topverkoper skrywer en senior pastoor van Life.Church, jou aan met sewe beginsels uit sy boek: "Divine Direction", om jou te help om Goddelike wysheid vir jou daaglikse besluite te vind. Ontdek die geestelike leiding wat jy nodig het om 'n storie wat God eer, uit te leef — een wat jy graag sal wil oorvertel.
![Oor Niks Bekommerd](/_next/image?url=https%3A%2F%2F%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F16022%2F640x360.jpg&w=1920&q=75)
Oor Niks Bekommerd
7 dae
Wat as daar 'n beter manier is om te veg teen die eindelose bekommernisse wat jou snags wakker hou? Ware rus is beskikbaar — dalk nader as wat jy dink. Vervang paniek met vrede deur hierdie 7-dag leesplan van Life.Church wat deur Pastoor Craig Groeschel se boodskapreeks "Anxious for Nothing" vergesel word.
![Verlore Vrede](/_next/image?url=https%3A%2F%2F%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F23174%2F640x360.jpg&w=1920&q=75)
Verlore Vrede
7 Dae
Is dit werklik moontlik om vrede te ervaar wanneer die lewe vol pyn is? Die kort antwoord is: ja, maar nie deur jou eie krag nie. Na 'n jaar wat ons totaal oorweldig gelaat het, het baie van ons nou vrae. In hierdie 7-dag leesplan wat deur Pastoor Craig Groeschel se boodskapreeks vergesel word, sal ons ontdek hoe om daardie verlore vrede waarna ons almal smag weer te vind.
![Vreesloos In Die Geveg](/_next/image?url=https%3A%2F%2F%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F26456%2F640x360.jpg&w=1920&q=75)
Vreesloos In Die Geveg
7 Dae
Is jy iemand wat gewoonlik ingee vir vrees? Of lewe jy konstant in geloof? In hierdie oordenking leer ons hoe om stappe in geloof te neem, sodat jy vir God die geleentheid bied om sy krag in jou skynbaar onmoontlike situasie te kom wys. Word geïnspireer deur 'n persoonlike getuienis van hoe dit is om vreesloos deur die skadu van die dood te loop. Leer om vreesloos te lewe.
![Die Krag van Hoop: Sewe Dae om op die Here te Hoop](/_next/image?url=https%3A%2F%2F%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F28577%2F640x360.jpg&w=1920&q=75)
Die Krag van Hoop: Sewe Dae om op die Here te Hoop
7 Dae
Wêreldgebeure en persoonlike stryd kan jou moeg en angstig laat voel, maar niks is nuut vir God nie. Mense in Bybelse tye het dikwels dieselfde gevoel. Hierdie 7-dae leesplan van die topverkoper skrywer Jack Countryman fokus op sewe maniere waarop God vandag dieselfde hoop aan sy kinders gee as wat Hy ontelbare kere aan helde in die Bybel voorsien het.
![KONING JESUS: 'n Paasoordenking deur Timothy Keller](/_next/image?url=https%3A%2F%2F%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F1489%2F640x360.jpg&w=1920&q=75)
KONING JESUS: 'n Paasoordenking deur Timothy Keller
9 Dae
New York Times se blitsverkoper outeur en bekende pastoor, Timothy Keller, deel met ons 'n reeks episodes uit die lewe van Jesus, soos vertel in die Bybelboek Markus. Deur die verhale wat Paasfees voorafgegaan het, van nader te bekyk, bring hy nuwe insigte oor die verhouding tussen ons lewens en die lewe van die Seun van God. "JESUS THE KING" is nou in boekvorm en studiegids vir kleingroepe beskikbaar en is in boekwinkels te koop.
![Bemoedigende Woorde](/_next/image?url=https%3A%2F%2F%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F28720%2F640x360.jpg&w=1920&q=75)
Bemoedigende Woorde
10 dae
Hierdie leesplan is `n samestelling van tien van "Alive to God" se dagstukkies wat in Afrikaans vertaal is. Elke dagstukkie bestaan uit `n Bybelvers, vier kort kerngedagtes en `n gebed. Ons hoop dat elke dag se boodskap vir jou soos vars manna van die Here af sal wees.