Gratis leesplanne en oordenkings oor MARKUS 4:35

Die Evangelie van Markus met Francis Chan
5 dae
Voel jy dat Markus ’n baie belangrike deel van Jesus se storie oorgeslaan het? Kan ons steeds die realiteit besef dat God ’n persoon geword het, sonder om te hoor van Jesus se bonatuurlike geboorte? Die antwoord is ja. In hierdie Bybelstudie van RightNow Media en Francis Chan, vra Francis vir ons: “Het jy al werklik die impak van daardie stelling oorweeg – die gebeurtenis toe God mens geword het?”

Stormsterk geloof
5 Dae
Geloof vrywaar ons nie teen storms nie. Dit is egter moontlik om ten spyte van sterk storms 'n stormsterk geloof te hê. Uit die verhaal van die storm op die see waarvan ons in Markus 4:35-41 lees, leer ons waardevolle lesse oor hoe ons sterk in die geloof kan wees. Word in jou innerlike mens in jou geloof versterk sodat jy die storm kan beveel om stil te word.

Hou Koers Deur Die Lewe Se Storms
5 Dae
Hierdie 5-dag leesplan neem jou op ’n reis deur die Bybel se bekendste storms. As jy self deur moeilike tye gaan, sal hierdie plan jou help om God se hand in die middel van die chaos te herken, jou hart te ondersoek, op sy Woord te bou en vas te hou aan Jesus, die Een wat die storms stuur, gebruik én stilmaak.

Verslaaf Aan Besig Wees: Herstel Vir Die Gejaagde Siel
7 Dae
Vir diegene wat te vinnig deur die lewe beweeg — 'n gids om jou te help om stadiger te leef en rus te ontdek. In "Verslaaf Aan Besig Wees", wys Brady Boyd ons hoe om 'n lewe te leef wat stilte en afsondering koester, en die vrede te vind wat God vir ons wil hê.

Die Krag van Hoop: Sewe Dae om op die Here te Hoop
7 Dae
Wêreldgebeure en persoonlike stryd kan jou moeg en angstig laat voel, maar niks is nuut vir God nie. Mense in Bybelse tye het dikwels dieselfde gevoel. Hierdie 7-dae leesplan van die topverkoper skrywer Jack Countryman fokus op sewe maniere waarop God vandag dieselfde hoop aan sy kinders gee as wat Hy ontelbare kere aan helde in die Bybel voorsien het.

KONING JESUS: 'n Paasoordenking deur Timothy Keller
9 Dae
New York Times se blitsverkoper outeur en bekende pastoor, Timothy Keller, deel met ons 'n reeks episodes uit die lewe van Jesus, soos vertel in die Bybelboek Markus. Deur die verhale wat Paasfees voorafgegaan het, van nader te bekyk, bring hy nuwe insigte oor die verhouding tussen ons lewens en die lewe van die Seun van God. "JESUS THE KING" is nou in boekvorm en studiegids vir kleingroepe beskikbaar en is in boekwinkels te koop.

Ons Daaglikse Brood: Vind Troos ten Tye van Verlies
20 Dae
Ons hoop en bid dat die oordenkings wat volg jou hart sal verwarm en jou gees lig terwyl hulle jou lei om te leun op die Here, ons Herder en ons Leidsman deur die vallei van hartseer.

Stormbestand
21 dae
Ly jy, of een van jou geliefdes, onder die trauma van planne wat nie uitgewerk het nie, verhoudinge wat verwoes is of sekuriteit wat vernietig is? In plaas daarvan om deur so 'n storm vernietig te word, kan jy toelaat dat dit jou vermoë om vinnig te groei, verbeter en jou doel in God tot vervulling te bring. Nadat jy dieper in die Woord van God gedelf het, sal jy vind dat daar 'n seëvierende manier is om stormbestand te wees!
