Gratis leesplanne en oordenkings oor MARKUS 12:29

Geroep om te Skep
5 Dae
Ondernemingsgees en kreatiwiteit kan op 'n kragtige wyse gebruik word om God te vereer, ander lief te hê en hul aan te spoor om dissipels van Jesus Christus te word. In hierdie vyf-dag leesplan, gaan jy die Woord lees asook verhale van C.S. Lewis, Arthur Guinness, J.J.R. Tolkien en Casper ten Boom; vier Christene wat die oproep om te skep, opgeneem het, en jou ook sal inspireer om dieselfde te doen.

Gaan-Doen-Sê-Gee: Die Vryheid van Oorgawe Aan Jesus
7 Dae
Oorgawe aan Jesus is ‘n lewensbepalende oomblik. Maar wat beteken hierdie besluit en hoe leef ons dit elke dag uit? Is dit slegs vir die groot besluite van die lewe, of vir uiters geestelike mense? Vrees, vorige mislukking en misverstande kan ons terughou. "Gaan-Doen-Sê-Gee" is ‘n belofte/gebed wat verduidelik hoe om die volgende stappe in jou geestelike reis te neem. Ondervind die vryheid wat kom as jy Jesus volg.

Geld en Belegging saam met die Kwak Broers
7 Dae
Het jy geweet dat Jesus 11 keer oor geld gepraat het in die 40 gelykenisse in die Nuwe Testament? Dit is amper 27.5% van die opgetekende onderwysings van Jesus. Dit sê vir ons hoe belangrik ons ingesteldheid en houding teenoor geld is. Ons moet bewus wees van hoe ons ons gedagtes en houding teenoor geld vorm, sodat ons 'n Christus-gesentreerde perspektief kan hê.

Die Ons Vader Gebed
8 Dae
Sluit aan by J.John vir hierdie 8-dae leesplan wat handel oor die Ons Vader, daardie wonderlik diepgaande en nuttige onderrig, waarmee Jesus ons geleer het hoe ons moet bid.

Hoe om 'n Naaste te wees
10 Dae
Wat as ons nie ver hoef te reis om naby mense te kom wat ver van God af is nie? Wat as Christene die beste bure was? Sou jou straat verander het? Sou die hemel voller wees? Lank gelede het 'n godsdienstige leier vir Jesus gevra hoe om in die hemel te kom. Jesus het met 'n vraag geantwoord en toe die verhaal van die barmhartige Samaritaan vertel. Dit verras mens nie, maar 2000 jaar later verduidelik Jesus se verhaal steeds hoe om werklik 'n naaste te wees. Sluit aan by Pastoor Craig Groeschel en Life.Church in 'n praktiese, verhaal-gebaseerde gids oor hoe om jou naaste te ontmoet en lief te hê soos jouself. Maar moenie dit net lees nie — leef dit uit!

Markus
22 dae
Markus se korter Evangelie beskryf Jesus Christus se aardse bediening as die lydende Dienaar en Seun van die mens. Reis daagliks deur Mark terwyl jy na die oudiostudie luister en uitgesoekte verse uit God se woord lees.

Ten volle toegewyd. 4-weke leesplan deur Doxa Deo
28 dae
Toewyding aan die Here begin met die verstaan dat ons God heelhartig moet liefhê: met ons hele hart, siel, verstand en krag. Hoe lyk dit in my daaglikse lewe? Maak tyd en kry 'n stil plek - en kom saam met ons op hierdie toewydingsreis.

BibleProject | Advent Oordenkings
28 dae
BibleProject het Advent Oordenkings ontwerp om individue, klein groepe en gesinne te inspireer om die advent, of die aankoms, van Jesus te vier. Hierdie vier-week plan sluit geanimeerde video's, kort opsommings en reflektiewe vrae in wat deelnemers help om die Bybelse betekenis van hoop, vrede, vreugde en liefde te verken. Kies hierdie plan om te ontdek hoe hierdie vier deugde deur Jesus die wêreld bereik het.

Onbeperkte Liefde
30 Dae
“Ons het lief omdat God ons eerste liefgehad het.” - 1 Joh 4:19 LIEFDE is deel van die gelowige se lewe (veronderstel om te wees . . .) God gee die gawe van LIEFDE vir elke gelowige – ook vir jou! Ons liefde vir God is om hierdie gawe van LIEFDE in ontvangs te neem en dit onbeperk te gaan uitleef. Gedurende die tyd gaan jy die geleentheid kry om daagliks na te dink oor LIEFDE. Met die LIEFDE VAN JESUS! Begeleidingspan, spanleiers, skryfspan en Dr Michiel van der Merwe.