Gratis leesplanne en oordenkings oor MARKUS 10:9
Hoe om seks vir die huwelik te hou.
3 Dae
Wanneer iemand ons vra of ons in seks voor die huwelik glo, reageer ons met 'n “ja en nee”. Dit klink aanvanklik na 'n verwarrende antwoord, maar dit skep die geleentheid om 'n baie belangrike punt te maak. God bevestig ons seksualiteit as menslike wesens en ons kan nie skielik geslagloos word nie. As gevolg daarvan, glo ons in seksualiteit voor die huwelik. Ons volg hierdie stelling egter onmiddellik op deur te sê dat die seksdaad voor die huwelik teen God se beginsels is.
Die Huwelik
5 Dae
Die huwelik is 'n uitdagende en bevredigende verhouding en so dikwels vergeet ons dat die “Ja" of "Ek sal” net die begin is. Die Bybel het gelukkig baie raad oor die huwelik, uit die man sowel as die vrou se perspektief. Die kort Skrifgedeeltes wat jy elke dag as deel van hierdie leesplan sal teëkom, is so ontwerp om jou te help verstaan wat God se doel met die huwelik is — dit sal ook jou verhouding met jou huweliksmaat verdiep.
Die Belofte
6 Dae
In hierdie Life.Church leesplan skryf ses paartjies oor troubeloftes wat hulle nooit amptelik by die kansel vir mekaar gesê het nie. Hierdie beloftes van voorbereiding, prioriteit, nastrewe, vennootskap, reinheid en gebed is die beloftes wat huwelike lank ná die huwelikseremonie nog laat werk. Of jy nou getroud is of net daaraan dink, dit is tyd om die belofte af te lê.
Huwelikskrisis
6 dae
Die meeste van ons weet dat die huwelik nie altyd 'n wittebrood is nie, maar niemand is voorbereid op 'n huwelikskrisis nie. Ongelukkig bedreig diep wonde, buite-egtelike verhoudings, verslawing en egskeiding soveel huwelike. Daar is egter goeie nuus: dit maak nie saak watter krisis jou in die gesig staar nie, in Christus is daar steeds hoop. Wil jy meer hiervan weet? Begin hierdie hoopgevulde leesplan deur finds.life.church.