Gratis leesplanne en oordenkings oor MARKUS 10:45

Waarom het Jesus aarde toe gekom?
4 Dae
Dit is een ding om te glo dat Jesus 2 000 jaar gelede as ’n baba aarde toe gekom het. Maar weet jy waarom Hy gekom het? Hierdie 4-dag leesplan ondersoek die Bybelse antwoorde op dié vraag. Jesus se koms het niks te make met ’n sentimentele gevoel rondom vakansiegebeure nie. Dit het ewigheidsimplikasies vir jou lewe en vir die hele wêreld.

Waarom Paasfees?
5 Dae
Wat is so belangrik aan Paasfees? Waarom is daar soveel belangstelling in 'n persoon wat meer as 2000 jaar gelede gebore is? Waarom is so baie mense opgewonde oor Jesus? Waarom het ons Hom nodig? Waarom het Hy gekom? Waarom het Hy gesterf? Waarom moet enigiemand die moeite doen om dit uit te vind? In hierdie 5-dag leesplan deel Nicky Gumbel dwingende antwoorde op hierdie vrae.

Waarom Jesus?
5 dae
Baie mense is vandag nog gefassineer deur Jesus. Waarom is daar soveel belangstelling in iemand wat 2 000 jaar gelede geleef het? Waarom sou mens die moeite doen om uit te vind? In hierdie vyfdag-leesplan, aangepas uit Nicky Gumbel se boek, Why Jesus, sal jy antwoorde kry oor Jesus se identiteit, waarom hy aarde toe gekom het om te sterf en waarom ons hom so desperaat nodig het.

In Diens Van Jesus, in Diens Van Ander
5 Dae
In hierdie 5-dag leesplan praat Stephan Joubert oor die ware aard van leierskap. Hy fokus veral op diens aan ander en hoe leiers ander kan help om die wêreld te sien en te verstaan, om die verlede te evalueer en om vir die toekoms te beplan. Maak die praktiese konsepte jou eie sodat jy mense tot hoër hoogtes kan inspireer.

10 Kernwaarhede Van Dissipelskap
10 dae
'n Lewe van oorwinning, is dit moontlik? Ja dit is! Die Woord sê dat ons in Christus meer as oorwinnaars is! Om vanuit hierdie oorwinning te leef is dit belangrik dat ek en jy sekere waarhede oor Jesus en sy afgehandelde werk in ons lewens vasmaak. Kom ontdek in die volgende 10 dae 10 kernwaarhede van dissipelskap wat jou sal help om in hierdie raamwerk te anker .

In Die Sakewêreld Met God
12 Dae
Gee gierigheid 'n opstopper in die gesig met al God se roekelose liefde! God is gretig om sy liefde, goedheid en wysheid aan almal in die hemel en op aarde te vertoon. Duik sommer in God se begeerte om besighede te gebruik om op bonatuurlike wyse fisieke en geestelike armoede aan te raak en so die oorvloed van sy koninkryk na die aarde te bring.

PRAY4JAPAN — 17 Dae Gebedsgids vir Japan
17 Dae
Japan is die wêreld se tweede grootste onbereikte groep mense, selfs ná dekades van toegewyde evangelisasie en kerkteenwoordigheid. In hierdie hoogs gesofistikeerde samelewing sien die meeste Japannese Christenskap as voortreflik, maar ontoepaslik. Kerkbywoning dobber rondom 0,3%. Kom ons stem ooreen met die Woord van God terwyl ons aanbid, verklaar en bid vir 'n deurbraak in hierdie pragtige nasie.

Geloof en Teologie: Dr. John MacArthur Vrae & Antwoorde
21 Dae
Dr John MacArthur beantwoord vra oor geloof, teologie en leerstellings. Elke dag se leeswerk sluit ook bykomende verse in om te bestudeer om 'n dieper insig in die dag se onderwerp te kry.

Markus
22 dae
Markus se korter Evangelie beskryf Jesus Christus se aardse bediening as die lydende Dienaar en Seun van die mens. Reis daagliks deur Mark terwyl jy na die oudiostudie luister en uitgesoekte verse uit God se woord lees.