Gratis leesplanne en oordenkings oor MATTEUS 9:29

Eerder Geloof as Vrees
5 Dae
In tye van onsekerheid, kan dit maklik wees om oorweldig te voel. Die nuus, sosiale media en die mense om ons, kan ons angstig of bekommerd laat voel tydens gebeurtenisse wat 'n groot impak op ons maak. In sulke tye wanneer dit voorkom asof ons geen beheer oor gebeure het nie, kan ons vertroosting en vrede in die Woord van God vind.

Wortel Voor Jou Neus
7 Dae
Ons jaag almal iets na. Gewoonlik is dit iets buite ons bereik — 'n beter werk, 'n geriefliker huis, 'n perfekte gesin of die goedkeuring van ander. Is dit nie baie uitputtend nie? Is daar 'n beter manier? Kom vind uit in hierdie nuwe leesplan van Life.Church, wat saamgaan met pastoor Craig Groeschel se reeks, "Chasing Carrots".

God Se Droom Vir Jou Lewe
19 Dae
Die Bybel sê in Matteus 9:29: “Wat julle glo, sal gebeur.” Dit is die geheim om Jesus Christus te volg. God sê: "Jy besluit hoe ek jou lewe seën. Jy glo, Ek seën.” Vergesel Pastoor Rick in hierdie reeks oor hoe om te glo en getrou te wees aan God se droom vir jou lewe.

21 dae oor die krag van gebed deur Angus Buchan™
21 dae
Hierdie 21 dae-plan is ’n samestelling van dagstukkies oor gebed. Dit is ’n wonderlike hulpmiddel om ’n dieper verhouding met God te ontwikkel. Elke dag bevat ’n Skrifverwysing, ’n oordenking oor gebed en ’n slotgebed. Hierdie oordenkings is geneem uit DIE BYBEL – MET GRASSROOTS-OORDENKINGS en IN DIE VREDE VAN SY TEENWOORDIGHEID deur Angus Buchan.

21 Dae Vas en Gebed
21 dae
Ons as gemeente gaan elke jaar in 'n tyd van vas en gebed in. Dit strek oor 'n 21 dae tydperk. Vir die 21 dae, is daar elke dag 'n fokuspunt waarvoor ons saam as gemeente sal bid en vertrou. "Geloof benodig gebed vir sy groei en volle ontwikkeling, en gebed benodig vas vir dieselfde rede." - Finnis Jennings Dake