Gratis leesplanne en oordenkings oor MATTEUS 5:38

Vryheid van Sonde
5 Dae
Almal maak foute. Die meeste mense hou egter nie daarvan om hul foute "sondes" te noem nie, selfs al is dit presies wat dit is. In hierdie leesplan gaan ons leer wat sonde is, hoekom ons dit doen, en hoe ons kan kies om anders te leef. Ons kan vasstaan in die hoop dat, ongeag wat ons ook al in ons lewens gedoen het, is daar geen sonde wat God nie sal vergewe nie.

Verhoudingsdoelwitte
5 Dae
As jy vir #RelationshipGoals op sosiale media soek, kry jy heel moontlik beelde van perfekte verliefde paartjies. Hoe nou gemaak as daardie beeld van 'n verhouding net 'n hersenskim is van wat die samelewing voorhou? Pastoor Michael Todd het hierdie boek geskryf: "Relationship Goals: How to Win at Dating, Marriage, and Sex", oor hoe om verhoudingsdoelwitte te hê wat van God af kom en wat in lyn is met wie Hy ons gemaak het om te wees.

Wortel Voor Jou Neus
7 Dae
Ons jaag almal iets na. Gewoonlik is dit iets buite ons bereik — 'n beter werk, 'n geriefliker huis, 'n perfekte gesin of die goedkeuring van ander. Is dit nie baie uitputtend nie? Is daar 'n beter manier? Kom vind uit in hierdie nuwe leesplan van Life.Church, wat saamgaan met pastoor Craig Groeschel se reeks, "Chasing Carrots".

12 Groot Foute Wat Ouers Kan Vermy
12 Dae
Dr. Tim Elmore en Life.Church deel saam 12 groot foute wat ouers kan vermy. Ons wil almal die beste vir ons kinders hê, maar soms is dit ons eie goeie bedoelings wat hulle op die verkeerde pad stuur. Kom ons vind die regte koers en lei ons kinders om te floreer en toegewyde volgelinge van Christus te wees. Vir meer inhoud, kyk by finds.life.church

Heilige Emosies - Bybelse Antwoorde vir Elke Uitdaging
30 Dae
God het jou gemaak en jou op hierdie oomblik in tyd hier geplaas om die ongeliefdes lief te hê, vrede in onrus te demonstreer en om elke situasie met vreugde te trotseer. Dit kan onmoontlik lyk, maar jy kan dit doen deur te leer wat die Bybel sê oor jou menslike emosies en hoe om dit te hanteer. Dié oordenkings dek die gewone en soms buitengewone uitdagings wat ons elke dag in die gesig staar en bied Bybelse verwysings oor hoe om jou emosies op 'n goddelike wyse te hanteer.