Gratis leesplanne en oordenkings oor MATTEUS 3:16
![Wat is die doop? 'n Drie-dag leesplan ter voorbereiding of besluitneming](/_next/image?url=https%3A%2F%2F%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F9127%2F640x360.jpg&w=1920&q=75)
Wat is die doop? 'n Drie-dag leesplan ter voorbereiding of besluitneming
3 Dae
Wat is die doop? Moet ek gedoop word? Hoekom is dit belangrik? Moet ek gedoop word om 'n Christen te kan wees? Of jy nou vrae oor die doop het en of jy net op soek is na 'n kort leesplan voor of na jou doop, is hierdie Life.Church leesplan ideaal om vandag mee te begin.
![Die Teken van die Kruis](/_next/image?url=https%3A%2F%2F%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F2810%2F640x360.jpg&w=1920&q=75)
Die Teken van die Kruis
5 Dae
Om die teken van die kruis te maak wanneer jy bid, het ontstaan toe die vroeë Christene 'n kruis op hul voorkoppe gemaak het. Mettertyd het hierdie gebruik verder ontwikkel en word deesdae gereeld deur meer as 'n miljard mense in die wêreld gebruik. Ons gaan in hierdie Bybelstudie die beoefening van gebed bestudeer en ook die omvang van die geheimenis van die Drie-eenheid en die opoffering van ons liefdevolle God.
![Die Sewe Rolle Van Die Heilige Gees](/_next/image?url=https%3A%2F%2F%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F3206%2F640x360.jpg&w=1920&q=75)
Die Sewe Rolle Van Die Heilige Gees
7 Dae
In hierdie 7-dag leesplan wat op die boek "Set My Heart on Fire" deur J. Lee Grady gebaseer is, sal jy die Heilige Gees, wat alles kan doen, ontmoet. Hy is die Gees van God. Met onbeperkte krag en wysheid kom leef Hy gewillig in enige persoon wat in Jesus Christus glo.
![Wat Jesus Gesê Het Oor Die Doop](/_next/image?url=https%3A%2F%2F%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F43659%2F640x360.jpg&w=1920&q=75)
Wat Jesus Gesê Het Oor Die Doop
7 Dae
Jesus het in sy laaste opdrag gesê dat ons dissipels van mense moet maak en hulle moet doop. Wanneer ons die boek Handelinge lees, sien ons dat die vroeë kerk presies dit gedoen het. Hierdie studie hanteer die basiese Bybelse redes vir die doop en 'n aantal vrae wat mense daaroor vra.
![Wanneer die Heilige Gees werk](/_next/image?url=https%3A%2F%2F%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F49233%2F640x360.jpg&w=1920&q=75)
Wanneer die Heilige Gees werk
7 dae
Vanaf die uitstorting van die Heilige Gees op Pinksterdag tot Jesus se wederkoms leef ons in die bedeling van die Heilige Gees waar God elke oomblik in en deur ons wil lewe. Het jy ‘n lewende verhouding met die Heilige Gees, ervaar jy sy werking, leiding, gawes en vrug? Hierdie leesplan wil jou help om die wonderlike, kragtige beheer van die Heilige Gees meer in jou lewe te ervaar.
![Ervaar jy die volheid van die Heilige Gees?](/_next/image?url=https%3A%2F%2F%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F55460%2F640x360.jpg&w=1920&q=75)
Ervaar jy die volheid van die Heilige Gees?
7 Dae
Jesus het voor sy hemelvaart belowe dat ‘n nuwe bedeling tot met sy wederkoms gaan aanbreek. God die Heilige Gees gaan kom om in ons te woon en elke dag by ons te wees. Sedertdien het die Heilige Gees gekom as ons Parakleet (Helper/Voorspraak). Hy wil ons help om sonde te oorwin en om nuwe eienskappe soos liefde, vrede, blydskap, geduld en selfbeheersing te ontwikkel. Hy sal ons met krag toerus om getuies van Jesus te wees.
![Verhoudingsraad Vir Mans](/_next/image?url=https%3A%2F%2F%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F12966%2F640x360.jpg&w=1920&q=75)
Verhoudingsraad Vir Mans
8 dae
Hoe sou dit wees as ons nie aan ons prestasies gemeet word nie, maar bemagtig word deur ons verhoudings? Deur verfrissende verhale onthul die skrywer, Roger Thomas, hoe 'n groot rol verhoudings daarin speel om 'n man te vorm. Begin vandag hierdie Life.Church leesplan saam met vriende.