Gratis leesplanne en oordenkings oor MATTEUS 14:33
![Jesus se Wonderwerke](/_next/image?url=https%3A%2F%2F%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F22278%2F640x360.jpg&w=1920&q=75)
Jesus se Wonderwerke
5 Dae
Terwyl Jesus op die aarde was, het Hy meer wonderwerke verrig as wat ons van weet. Hy het siekes genees, mense weer lewend gemaak, en fantastiese dade verrig wat toeskouers sprakeloos gelaat het. In hierdie leesplan gaan ons leer oor vyf wonderwerke wat Jesus verrig het en die waarhede wat ons daaruit in ons lewens kan toepas.
![Gesindheid](/_next/image?url=https%3A%2F%2F%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F110%2F640x360.jpg&w=1920&q=75)
Gesindheid
7 Dae
Hoe kan ons die regte gesindheid in elke situasie betoon? Wat is die regte gesindheid? Hierdie 7-dag leesplan vind antwoorde in die lewe en leringe van Christus. Laat hierdie daaglikse aanmoedigings, nadenkende gebede en kragtige Skrifte die denkwyse van Christus in jou vorm.
!['n Saak vir Christus Leesplan](/_next/image?url=https%3A%2F%2F%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F1013%2F640x360.jpg&w=1920&q=75)
'n Saak vir Christus Leesplan
7 Dae
Het jy al ooit die Bybelse waarhede gehoor, maar gewonder waar om daardie waarhede in die Bybel te vind? Of het jy al ooit gewonder waar om die bewys vir geloof in God in die Bybel te vind? Jy is nie alleen nie. Hierdie 7-dag leesplan deur Lee Stroebel, 'n voormalige ateïs, verken Jesus se aansprake, sy Godheid en bied bewyse dat Hy die Messias is. Die verskillende oordenkings is uit Lee se eie ervarings geneem en word in joernalistiese styl aangebied uit sy dae as ondersoekende verslaggewer by die Chicago Tribune. Hierdie leesplan is perfek vir diegene wat besig is met 'n deeglike soeke na die waarheid om te besluit of Jesus die Persoon is waarop Hy aanspraak gemaak het.
![Gewaagde Geloof](/_next/image?url=https%3A%2F%2F%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F2135%2F640x360.jpg&w=1920&q=75)
Gewaagde Geloof
7 Dae
Moenie toelaat dat vrees jou verhoed om die uitbundige lewe te lei wat vir jou bestem is nie! In plaas daarvan verken Nicole Reye se leesplan Bybelse verhale van dié wat dit gewaag het om vreesloos op God te vertrou. Jy sal 'n meer oorspronklike, veerkragtige en waaghalsige geloof ontdek!
![Om 'n Gesonde Kerk Te Plant](/_next/image?url=https%3A%2F%2F%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F2156%2F640x360.jpg&w=1920&q=75)
Om 'n Gesonde Kerk Te Plant
7 Dae
Wanneer God jou tot die bediening roep, kan dit oorweldigend wees, maar dit kan ook die beste ding wees wat ooit met jou kan gebeur. Begin hier in die Woord van God as jou hart geroer is om 'n kerk te stig. Verdiep jou in hierdie 7-dag leesplan, en vind die bemoediging wat jy nodig het om met God se roeping te begin.
![Liefde Tree Op — Ervaar 'n Lewe van Liefde in wat in Dade Oorgaan](/_next/image?url=https%3A%2F%2F%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F2263%2F640x360.jpg&w=1920&q=75)
Liefde Tree Op — Ervaar 'n Lewe van Liefde in wat in Dade Oorgaan
7 Dae
Hierdie sewedag-leesplan is gebaseer op die boek deur Bob Goff om ten volle te lewe. Vind uit watter verskil jy kan maak as jy verby die beplanningstadium by die gedeelte kom om van geloof na dade oor te gaan — want liefde bly nie net by beplan en daaroor dink nie. In kort: liefde tree op — dit gaan oor in dade.
![Twyfel In God](/_next/image?url=https%3A%2F%2F%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F30754%2F640x360.jpg&w=1920&q=75)
Twyfel In God
7 Dae
Wat as twyfel nie die teenoorgestelde van geloof is nie, maar 'n poort na 'n dieper geloof? In hierdie 7-dae leesplan van pastoor Craig Groeschel se boodskapreeks, Twyfel in God, sal ons ontdek dat twyfel nie van jou 'n slegte Christen maak nie. Trouens, dit is dalk net 'n noodsaaklike bestanddeel van dissipelskap.
![Maak Oop in Geval van Nood](/_next/image?url=https%3A%2F%2F%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F2033%2F640x360.jpg&w=1920&q=75)
Maak Oop in Geval van Nood
14 Dae
Ons het elkeen al deur storms in ons lewe gegaan – is nou in 'n lewensstorm of sal nog in die nabye toekoms 'n lewensstorm ervaar. Hierdie 14-dag leesplan sal jou herinner dat Jesus in beheer van elke storm is. Omdat visuele beeld die "taal van die 21ste eeu" is, bevat elke oordenking oorspronklike foto's om dit te verduidelik en die impak daarvan te verdiep.