Gratis leesplanne en oordenkings oor MALEAGI 3:11
![Lewe Veranderd: Voorsiening](/_next/image?url=https%3A%2F%2F%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F21896%2F640x360.jpg&w=1920&q=75)
Lewe Veranderd: Voorsiening
5 Dae
Ons dien 'n vrygewige God wat belowe om in elke behoefte van ons te voorsien. Al laat Hy nie alle wense waar word nie, doen Hy tog wonderwerke. God geniet dit om vir ons geskenke te gee, want Hy gee baie om vir ons, selfs tot in die kleinste besonderhede. Hierdie 5-dag leesplan sal verhale van God se voorsiening ondersoek, jou geloof bou en jou aanmoedig om God eerste te stel in jou finansies.
![7 Dae Om 'n Meer Vrygewige Persoon Te Word](/_next/image?url=https%3A%2F%2F%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F16441%2F640x360.jpg&w=1920&q=75)
7 Dae Om 'n Meer Vrygewige Persoon Te Word
7 Dae
Om vrygewig te leef gaan nie net oor die dade wat ons doen nie — dit is die hart wat ons God toelaat om in ons te ontwikkel. Dit is 'n reis van die hart en om alles wat ons het te beskou as gawes van God. In hierdie leesplan sal ons ontdek dat om vrygewig te leef baie verder strek as ons persoonlike finansies — dit is 'n leefstyl wat op ander gefokus is.
![Gee Alles Weg … en Kry Weer Alles Terug](/_next/image?url=https%3A%2F%2F%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F3850%2F640x360.jpg&w=1920&q=75)
Gee Alles Weg … en Kry Weer Alles Terug
9 Dae
David Green, die stigter en Hoof Uitvoerende Beampte van "Hobby Lobby", deel met ons hoe 'n vrygewige lewe die beste persoonlike belonings teweegbring, 'n kragtige nalatenskap aan jou gesin bied en ook die lewens verander van diegene met wie jy in aanraking kom. Dit is 'n uittreksel uit die boek "Giving It All Away … and Getting It All Back Again".