Gratis leesplanne en oordenkings oor LUKAS 10:25

Hoe Om Jou Naaste Lief Te Hê
4 dae
In 'n wêreld waarin soveel verdeeldheid en spanning bestaan, sal ons almal beter daaraan toe wees as ons geleer het hoe om ander lief te hê — selfs al is dit ongerieflik of ongemaklik. In hierdie vierdag leesplan gaan ons gesels oor wie ons naaste is en hoe om hulle lief te hê.

Om Empatie te Betoon
5 Dae
Deur middel van empatie kan ons die behoeftes van ander waarneem en sodoende hoop en verligting in hul lewens bring. Tog sukkel ons dikwels hoe om empatie te betoon. Gelukkig het ons 'n goeie voorbeeld: in hierdie leesplan. Ons sal kyk wat die Bybel van empatie sê en hoe ons daarin kan groei om die hande en voete van Jesus te wees.

Begin Weer
7 Dae
Nuwejaar. 'n Nuwe Dag. God het hierdie oorgange geskep om ons daaraan te herinner dat Hy die God van nuwe begin is. As God die wêreld kon skep deur slegs te praat, kan Hy beslis in die duisternis van jou lewe praat en vir jou 'n nuwe begin skep. Hou jy nie net daarvan om nuut te begin nie! Net soos hierdie leesplan. Geniet dit!

Om te Help Sonder om te Skaad: Die Bybel en die Armes
10 Dae
Die Bybel gee ons die opdrag om vir die armes en verdruktes te sorg. Kom verken die diepte van God se besorgdheid oor hulle, en hoe jy dalk sélf op hierdie roeping kan reageer. Elke dag sluit ’n ware verhaal of staaltjie, ’n Skrifgedeelte en oordenking, ’n uitdaging en ’n gebed in. Die oordenkings is geïnspireer deur, of aangepas uit Steve Corbett en Brian Fikkert se boek "When Helping Hurts: How to Alleviate Poverty Without Hurting the Poor ... and Yourself".

Geloof en Teologie: Dr. John MacArthur Vrae & Antwoorde
21 Dae
Dr John MacArthur beantwoord vra oor geloof, teologie en leerstellings. Elke dag se leeswerk sluit ook bykomende verse in om te bestudeer om 'n dieper insig in die dag se onderwerp te kry.

21 dae na 'n Oorvloedige Lewe
21 Dae
In die 21 Dae tot 'n Oorvloedige Lewe YouVersion leesplan, sal Jeremiah Hosford lesers op 'n 3 weke reis neem om hulself van hulself leeg te maak, met die Heilige Gees vervul te word en 'n oorvloedige, Geesvervulde lewe uit te leef. Dit is tyd om op te hou om normaal te lewe en 'n oorvloedige lewe te begin lei!

Ontdek jou Finansiële Pad
28 Dae
Hierdie leesplan is geskep deur NewSpring personeel en vrywilligers om jou te help op jou finansiële reis. Lees daagliks 'n oordenking en bring tyd met God deur met behulp van die Skrif, vrae en gebede wat voorsien word. Het jy hulp nodig om God eerste in jou finansies te stel? Laai maandelikse en/of weeklikse begrotingsvorms af, kyk na preke en word aangemoedig deur suksesverhale by www.newspring.cc/financialplanning