Gratis leesplanne en oordenkings oor JOHANNES 8:44

Kan Ek Werklik Sonde En Versoeking Oorwin?
5 Dae
Het jy jouself al af gevra: "Hoekom worstel ek nog steeds met daardie sonde?" Paulus het self so gevra in Romeine 7:15: “Ek begryp self nie wat ek doen nie, want wat ek wil doen, dit doen ek nie, maar wat ek haat, juis dit doen ek.” Hoe kan ek verhoed dat sonde my geestelike groei belemmer? Is dit moontlik? Kom ons bespreek sonde, versoeking, die Satan, en, dankie tog daarvoor, God se liefde.

Leef Geen Leuens
7 Dae
Kom jy agter dat jy uitgeput raak terwyl jy deur jou onlangse nuusvoer kyk omdat jy verskeur voel deur die ideologieë van ons tyd? John Mark Comer bemoedig ons om ons harte sag en oop te hou terwyl ons in ons geslag van toenemende vyandige sekularisme vir Jesus volg. Om geestelike hernuwing in ons dag te vind begin deur die innerlike konflik tussen die leuens wat ons lewe en die waarheid te herken wat die vrede bring waarna ons verlang.

Wie Ek In Christus Is
10 Dae
Wie is jy? Hierdie vraag kry dikwels 'n antwoord wat sê wat ons doen. Ons identiteit kom egter van wie God sê ons is — nie wat ons doen nie, en beslis ook nie van wie ander sê ons is nie. Om te weet wie ons is as volgelinge van Christus, is noodsaaklik in ons lewenswandel met Jesus. As ons weet wie ons is, sal ons weet wat om te doen.

Trek 'n Kruis Deur Angs
7 Dae
Angs mag die vrees wees wat oor jou skouer loer, die bekommernis langs jou, of die vrees wat jou lewe bedreig. Vir baie mense is dit 'n kragtige reus wat jou wil laat glo dat jou lewe nooit weer normaal sal wees nie. Vir die volgende sewe dae, gaan ons na Iemand groter en kragtiger kyk — Jesus, ons groot oorwinnaar.