Gratis leesplanne en oordenkings oor JOHANNES 4:53

God wat Wondere Doen: Niks is vir God Onmoontlik nie
5 Dae
Hierdie leesplan herinner jou daaraan dat God steeds wondere doen. Hy is die Een wat ’n weg maak waar daar geen pad is nie – die God van tweede, derde en duisendste kanse. Wanneer alles verlore lyk, bly Hy getrou. Hy herstel, heropen, herskep. As jy moed verloor het, hoop nodig het, of glo dit is te laat – kom ontdek weer dat niks vir God onmoontlik is nie. Jy kan aan Hom vashou.

Genees deur Jesus
6 dae
Almal van ons het een of ander genesing in ons lewens nodig. Ons kan 'n fisieke siekte, emosionele trauma, geestesversteuring of geestelike las hê waarmee ons 'n stryd voer — selfs nadat ons jare lank daaroor gebid het. In hierdie leesplan sal ons hoop en bemoediging vind terwyl ons leer van die verskillende maniere waarop Jesus mense genees het.

Die Boek Johannes | Die Sewe "Tekens" En Die Sewe "EK IS"-Stellings van Jesus
7 Dae
Die Evangelie van Johannes kan in vier dele opgedeel word: 'n Inleiding (Johannes 1:1-18), die Boek van Tekens (1:19-12:50), die Boek van Verheerliking (13:1-20:31) en 'n Slotrede (hoofstuk 21). In hierdie 7-dag leesplan gaan ons die sewe “Tekens”, en die sewe “EK IS”-stellings van Jesus bestudeer om te demonstreer dat Johannes sy boek gestruktureer het op 'n manier wat die leser help om te sien dat Jesus die prediking van Elisa vervul.

Dís my Jesus.
7 dae
Jesus Christus se wondertekens op aarde wys ons hoe God se krag kan transformeer en vermenigvuldig. Hy vul ons met sy liefde. Hy red ons omdat ons in Hom glo. Hy bring genesing. Hy voorsien in al ons behoeftes. By Hom het ons die ewige lewe. Ek en jy is tot alles in staat deur Jesus Christus wat ons die krag gee.

Afwagtend - 'N Lewe Gevul Met Wonderwerke
9 dae
Afwagtend - 'n Lewe Gevul Met Wonderwerke. In ons lewens is daar volop geleenthede vir wonderwerke om te gebeur. Die uitdaging is gewoonlik om onsself in pas te kry met God se plan vir ons lewens sodat ons hierdie wonderwerke kan beleef.

Jesus is Lewe — 'n Studie oor die Boek Johannes
25 Dae
Ons kan waarlik die oorvloedige en vol lewe ervaar wat Jesus ons gee! Ons doelwit met "Jesus Is Lewe", is om dieper in ons geloof, vertroue en liefde vir Christus Jesus, ons Verlosser te groei. In hierdie 25-dag leesplan van Amy Groeschel, sal ons die eerste vier hoofstukke in die boek Johannes verken om te ontdek dat Jesus lewe is — en daardie waarheid verander alles.

Wandel deur Johannes
28 Dae
Werk elke dag deur verskillende hoofstukke en verse om Jesus persoonlik te ontmoet. Johannes is 'n wonderlike boek vir elke kind van God, maak nie saak of jy gister tot wedergeboorte gekom het en of jy al vir 70 jaar die Here dien nie, daar is elke dag iets nuuts wat ons van Jesus kan ontdek. Geniet die avontuur saam met Johannes.