Gratis leesplanne en oordenkings oor JOHANNES 20:4

Lewende Hoop: 'n Aftelling tot Paasfees
3 Dae
Hoe behoort jy te reageer as duisternis jou omring? Bestudeer vir die volgende drie dae die Paasverhaal en ontdek hoe om aan te hou hoop as jy in die steek gelaat word en alleen of onwaardig voel.

Waaroor gaan Paasfees?
6 Dae
Eens op 'n tyd het 'n man sy eie dood voorspel. Hy het ook voorspel dat Hy net vir drie dae dood sou wees en dit was so! Jesus se dood en opstanding is die merkwaardige waarhede van die Paasverhaal. Christene vier nog steeds die dag. Wat beteken dit egter alles vir jou? Hierdie leesplan sal jou help om die geheimenisse van die prag van Paasfees te verstaan!

Heilige Week - Simbole van lyding en lewe
7 Dae
Ons kyk gedurende Heilige Week na Jesus se laaste dae voor sy kruisiging. Ons vereenselwig onsself met sy lyding deur middel van simbole in sy daaglikse interaksies, gesprekke en dade. In hierdie 7-dag leesplan word jy soggens op jou reis begelei deur na ‘n video van vreesloosheid en waagmoed te kyk en saans deur 'n gebed van nadenke te bid.

Die Laaste Lesse: 'n Leesplan vir die Heilige Week
10 Dae
Kom ons raak rustig in hierdie Heilige Week en leer oor Christus se laaste dae op aarde. Elke dag gaan ons lesse of geskenke kry waarmee Hy moeite gedoen het om vir ons te gee. Moet jy opnuut herinner word aan dit wat die belangrikste was vir Christus — dat jy sy mense moet liefhê en Hom volg? Wat sou Hy vir jou wou leer in hierdie Heilige Week?

Meer As 'n Timmerman
14 Dae
Is Jesus werklik die Here wat Hy beweer het Hy is? In hierdie twee weke lange oordenking sal jou denke geprikkel word deur insigte vanuit die moderne klassieke boek, "More Than a Carpenter". Jy sal oor belangrike argumente omtrent geloof lees, van 'n skeptikus wat 'n gelowige geword het. Josh McDowell wou die bewerings van Jesus Christus weerlê, maar die bewyse wat hy gevind het, het juis die teenoorgestelde tot gevolg gehad. Kom oorweeg die feite. Ervaar God se liefde en kyk dan wat gebeur.

Dapper Kinders
28 Dae
Die Bybel is vol voorbeelde van wonderlike mense wat hulle moed ten toon gestel het. Maar, kan 'n kind buitengewone moed uitleef in hulle doodgewone lewens? Hierdie leesplan sluit 'n paar kindervriendelike videos in van 'n paar Bybelhelde en neem ons deur hulle verhale van moed terwyl ons ook ander verse en Skrifgedeeltes verken wat ons uitdaag om met moed te lewe in ons daaglikse omgang met Christus.