Gratis leesplanne en oordenkings oor JOHANNES 15:9
![Jy is Geliefd](/_next/image?url=https%3A%2F%2F%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F24024%2F640x360.jpg&w=1920&q=75)
Jy is Geliefd
4 Dae
God het jou lief. Dit maak nie saak wie jy is of waar jy in jou lewe is nie, God het jou lief! In hierdie maand wat ons die liefde vier, onthou ook dat God se liefde vir jou groter is as enige ander liefde. Omvou jouself met God se liefde in hierdie 4-dag leesplan.
![Oorvloedige Liefde Deur Nina Smit](/_next/image?url=https%3A%2F%2F%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F14025%2F640x360.jpg&w=1920&q=75)
Oorvloedige Liefde Deur Nina Smit
5 dae
Hierdie 5-dag-leesplan oor God se liefde en oorvloed sal lesers verseker van God se sorg, vergifnis en beskerming en hulle herinner om sy daaglikse seën te waardeer. Elke dag bevat gedagtes rondom ’n spesifieke tema (soos vergifnis, werk en hoop) en ’n gebed en eindig met ’n Bybelvers. Die inhoud vir hierdie leesplan is gebaseer op Nina Smit se “Oorvloedige liefde”.
![Die reis van ’n pelgrim deur Ann Goodfellow](/_next/image?url=https%3A%2F%2F%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F16577%2F640x360.jpg&w=1920&q=75)
Die reis van ’n pelgrim deur Ann Goodfellow
5 dae
Die dagstukkies in hierdie 5-dag-leesplan sal jou aanmoedig om jou pad na die Here te vind, Sy hand te vat en om elke dag in vrymoedigheid te lewe. As jy na die Lig soek, sal jy met liefde verryk en met sekerheid vervul word. Elke dag bevat ’n Bybelvers, oordenking en kort gebed. Die inhoud van hierdie leesplan is gebaseer op Ann Goodfellow se “Die reis van ’n pelgrim”.
![Vrouens wat Wen: Hoe om Volgens God se Manier in Jou Huwelik te Wen](/_next/image?url=https%3A%2F%2F%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F22766%2F640x360.jpg&w=1920&q=75)
Vrouens wat Wen: Hoe om Volgens God se Manier in Jou Huwelik te Wen
5 Dae
Te veel mense, selfs Christene, het probeer om die huwelik, hierdie verhoudingstelsel wat God ontwerp het, op hul eie te hanteer. Die huwelik was nooit bedoel om moeilik, ellendig of hartseer te wees nie, eintlik presies die teenoorgestelde. Vir paartjies om werklik die huwelik volgens God se bedoeling te ervaar, moet hulle Hom insluit. In hierdie leesplan neem Treal Ravenel jou op 'n reis hoe om die huwelik te beleef soos God dit beoog het.
![Eerder Vreugde as Spanning: Hoe Om Vreugde 'n Daaglikse Gewoonte te Maak](/_next/image?url=https%3A%2F%2F%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F15721%2F640x360.jpg&w=1920&q=75)
Eerder Vreugde as Spanning: Hoe Om Vreugde 'n Daaglikse Gewoonte te Maak
6 dae
Ons is oorspanne. Die samelewing maak ons wys dat ons die volgende gelukkige oomblik moet najaag om spanning te kan oorwin. Die Bybel skets egter vir ons 'n ander prentjie. Hierdie 6-dag leesplan sal jou wys hoe jy prakties jou daaglikse spanning kan beveg deur Bybelse vreugde 'n gewoonte te maak.
![Die Boek Johannes | Die Sewe "Tekens" En Die Sewe "EK IS" Stellings van Jesus](/_next/image?url=https%3A%2F%2F%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F4469%2F640x360.jpg&w=1920&q=75)
Die Boek Johannes | Die Sewe "Tekens" En Die Sewe "EK IS" Stellings van Jesus
7 Dae
Johannes se evangelie kan in vier dele opgedeel word: 'n Inleiding (Johannes 1:1-18), die Boek van Tekens (1:19-12:50), die Boek van Verheerliking (13:1-20:31) en 'n Slotrede (hoofstuk 21). In hierdie sewe-dag leesplan gaan ons die sewe “Tekens” van Jesus bestudeer, en die sewe “EK IS”-stellings van Jesus, om te demonstreer dat Johannes sy boek gestruktureer het op 'n manier wat die leser help om te sien dat Jesus die prediking van Elisa vervul.
![Besittings](/_next/image?url=https%3A%2F%2F%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F16736%2F640x360.jpg&w=1920&q=75)
Besittings
7 Dae
Goeters. So dikwels kom dit voor asof ons lewens gedefinieër word deur wat ons besit. Hoe kan ons 'n balans vind met ons besittings? In hierdie leesplan deur finds.life.church, sal jy uit ander se ondervindings leer hoe hulle God sien werk het.
![Vreugde: 'n Aftelling tot by Kersfees](/_next/image?url=https%3A%2F%2F%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F17630%2F640x360.jpg&w=1920&q=75)
Vreugde: 'n Aftelling tot by Kersfees
7 Dae
Kersfees is veronderstel om 'n tyd van vreugde te wees, maar wat is vreugde nou eintlik en hoe kies jy dit as die wêreld vol hartseer en moeilikhede is? Ontdek wat "vrede op aarde" regtig beteken, deur jou in die Kersverhaal te verdiep met hierdie spesiale 7-dag Kersfees leesplan.
![Net soos jy is](/_next/image?url=https%3A%2F%2F%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F33812%2F640x360.jpg&w=1920&q=75)
Net soos jy is
7 dae
Milanie Vosloo het een boodskap vir vroue: God het jóú lief, net soos jy is, en nou moet jy ook daardie liefde gaan uitleef. Jy kan elke dag weet Hy het élke faset van jou lief, Hy wil heeltyd by jou wees en sy liefde wil jou nuut maak. In hierdie wete kan jy elke dag met nuwe moed aandurf.
![EEN DING](/_next/image?url=https%3A%2F%2F%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F40071%2F640x360.jpg&w=1920&q=75)
EEN DING
7 Dae
Ons gaan uitvind wat dit beteken om vir Jesus te lewe in 'n wêreld vol afleidings. Hierdie wêreld hardloop teen honderd en sestig kilometer per uur, en ons het meer inligting in die palms van ons hande as wat ons kan hanteer. Is dit die aard van hierdie moderne wêreld? Hoe vertraag ons die pas in so 'n vinnige omgewing? Psalm 27:4 het die antwoord – EEN DING, met Pastoor Andrew Cartledge.
![Sy Groot Opoffering, Ons Sendingopdrag](/_next/image?url=https%3A%2F%2F%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F3897%2F640x360.jpg&w=1920&q=75)
Sy Groot Opoffering, Ons Sendingopdrag
10 Dae
Beleef die Paasfees-gebeure hierdie jaar op ‘n spesiale manier. Begin jou belewenis in die Midde-Ooste en laat die visuele en ouditiewe ervarings van sendelinge wat wêreldwyd werk die koers aanwys, om met nuwe oë na die Paasfees-gebeure te kyk. Word opnuut bewus van die rede vir Jesus se koms aarde toe – om die siele van mense te red.
![10 Kernwaarhede Van Dissipelskap](/_next/image?url=https%3A%2F%2F%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F29472%2F640x360.jpg&w=1920&q=75)
10 Kernwaarhede Van Dissipelskap
10 dae
'n Lewe van oorwinning, is dit moontlik? Ja dit is! Die Woord sê dat ons in Christus meer as oorwinnaars is! Om vanuit hierdie oorwinning te leef is dit belangrik dat ek en jy sekere waarhede oor Jesus en sy afgehandelde werk in ons lewens vasmaak. Kom ontdek in die volgende 10 dae 10 kernwaarhede van dissipelskap wat jou sal help om in hierdie raamwerk te anker .
![In Die Sakewêreld Met God](/_next/image?url=https%3A%2F%2F%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F22248%2F640x360.jpg&w=1920&q=75)
In Die Sakewêreld Met God
12 Dae
Gee gierigheid 'n opstopper in die gesig met al God se roekelose liefde! God is gretig om sy liefde, goedheid en wysheid aan almal in die hemel en op aarde te vertoon. Duik sommer in God se begeerte om besighede te gebruik om op bonatuurlike wyse fisieke en geestelike armoede aan te raak en so die oorvloed van sy koninkryk na die aarde te bring.
![Wandel Deur Die Gees](/_next/image?url=https%3A%2F%2F%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F28870%2F640x360.jpg&w=1920&q=75)
Wandel Deur Die Gees
14 dae
As jy vandag oormoeg, oorwerk of sommer net oorweldig voel, is intieme gebedstyd saam met God net wat jy nodig het. Die 14 gebedsoordekings deur Cherie Hill uit haar dagboek WANDEL DEUR DIE GEES is geskryf as persoonlike boodskappe van die Heilige Gees aan jóú. Ons Voorspraak, Helper en Trooster is elke dag by ons en ons moet ons ons instel op sy stem en bemoediging.
![Gehoorsaamheid](/_next/image?url=https%3A%2F%2F%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F54%2F640x360.jpg&w=1920&q=75)
Gehoorsaamheid
2 Weke
Jesus het self gesê dat dié wat Hom liefhet, sy onderrig sal gehoorsaam. Maak nie saak wat die persoonlike prys is nie, ons gehoorsaamheid is belangrik vir God. Die "Gehoorsaamheid" leesplan werk deur die Bybelverse oor gehoorsaamheid. Hoe om 'n ingesteldheid van integriteit te hê, die rol van genade, hoe gehoorsaamheid ons vry maak, ons lewens seën en meer.
![21 dae na 'n Oorvloedige Lewe](/_next/image?url=https%3A%2F%2F%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F32077%2F640x360.jpg&w=1920&q=75)
21 dae na 'n Oorvloedige Lewe
21 Dae
In die 21 Dae tot 'n Oorvloedige Lewe YouVersion leesplan, sal Jeremiah Hosford lesers op 'n 3 weke reis neem om hulself van hulself leeg te maak, met die Heilige Gees vervul te word en 'n oorvloedige, Geesvervulde lewe uit te leef. Dit is tyd om op te hou om normaal te lewe en 'n oorvloedige lewe te begin lei!
![21 Dae Vas en Gebed](/_next/image?url=https%3A%2F%2F%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F43393%2F640x360.jpg&w=1920&q=75)
21 Dae Vas en Gebed
21 dae
Ons as gemeente gaan elke jaar in 'n tyd van vas en gebed in. Dit strek oor 'n 21 dae tydperk. Vir die 21 dae, is daar elke dag 'n fokuspunt waarvoor ons saam as gemeente sal bid en vertrou. "Geloof benodig gebed vir sy groei en volle ontwikkeling, en gebed benodig vas vir dieselfde rede." - Finnis Jennings Dake
!['n Moeë Wêreld Juig — 'n Advent-leesplan](/_next/image?url=https%3A%2F%2F%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F33901%2F640x360.jpg&w=1920&q=75)
'n Moeë Wêreld Juig — 'n Advent-leesplan
28 Dae
Moenie jou fokus oor die rede van die Kerstydperk verloor nie — Jesus. Om Advent te vier is 'n pragtige manier om Christus sentraal in die vakansie te hou en in hierdie leesplan gaan jy 'n reis deur die Skrif neem om ons Koning te aanbid met daaglikse Bybel lesings en oordenkings.
![Heilige Emosies - Bybelse Antwoorde vir Elke Uitdaging](/_next/image?url=https%3A%2F%2F%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F255%2F640x360.jpg&w=1920&q=75)
Heilige Emosies - Bybelse Antwoorde vir Elke Uitdaging
30 Dae
God het jou gemaak en jou op hierdie oomblik in tyd hier geplaas om die ongeliefdes lief te hê, vrede in onrus te demonstreer en om elke situasie met vreugde te trotseer. Dit kan onmoontlik lyk, maar jy kan dit doen deur te leer wat die Bybel sê oor jou menslike emosies en hoe om dit te hanteer. Dié oordenkings dek die gewone en soms buitengewone uitdagings wat ons elke dag in die gesig staar en bied Bybelse verwysings oor hoe om jou emosies op 'n goddelike wyse te hanteer.