Gratis leesplanne en oordenkings oor JOHANNES 1:41
![Beoefen die Weg](/_next/image?url=https%3A%2F%2F%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F42239%2F640x360.jpg&w=1920&q=75)
Beoefen die Weg
5 Dae
Wie is jy besig om te word? Wanneer jy jouself in jou gedagtes voorstel as 'n 70-, 80-, of 100-jarige persoon — watter soort mens sien jy op die horison? Vul hierdie beeld jou met hoop? Of met verskrikking? John Mark Comer onderrig ons deur middel van hierdie oordenking sodat ons geestelik kan groei en daagliks meer en meer soos Jesus word.
![Klein Groepe, Enorme Groei](/_next/image?url=https%3A%2F%2F%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F2915%2F640x360.jpg&w=1920&q=75)
Klein Groepe, Enorme Groei
7 Dae
Kerke noem hulle kleingroepe, selgroepe en LifeGroups. Nieteenstaande die name, hulle bestaan om betekenisvolle verhoudinge tussen Christus-volgelinge te skep. Maar hoekom? Is dit die mense met wie ons die gemaklikste in ons Christelike lewens is, of is daar iets meer? Hierdie leesplan, deur die Life.Church se LifeGroups-span, is vir almal wat dink dat God hulle kleingroepie kan gebruik om massiewe groei te bewerkstellig.
![In Liefde Gegrond: Om die Christelike Lewe Voluit te Leef](/_next/image?url=https%3A%2F%2F%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F24165%2F640x360.jpg&w=1920&q=75)
In Liefde Gegrond: Om die Christelike Lewe Voluit te Leef
7 Dae
Hoe kan ons meer Christus-gesentreerde lewens leef? Hierdie 7-dag leesplan, is gebaseer op "Rooted in Love," 'n boek vir die Lydenstyd deur al die area biskoppe in die Bisdom van Londen. Dit is propvol praktiese bemoediging en hoop om jou as 'n dissipel te help groei en maniere te vind om God elke dag die middelpunt van jou lewe te maak.
![Die Karakters van Paasfees: Simon Petrus](/_next/image?url=https%3A%2F%2F%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F24129%2F640x360.jpg&w=1920&q=75)
Die Karakters van Paasfees: Simon Petrus
10 Dae
Petrus was maar net 'n visserman vanuit die afgeleë gebied van Galilea. Jesus het hom egter geroep en hy het die rots geword waarop die kerk gebou is. Hy was 'n getuie van die lewensbelangrike gebeure van die kruis en leë graf. Kom saam met die skrywer, Daniel Darling, op hierdie 10-dag leesplan om die lewe van Simon Petrus, 'n onwaarskynlike karakter wat deel is van Jesus se verhaal, te ontdek.
![Jesus is Lewe — 'n Studie oor die Boek Johannes](/_next/image?url=https%3A%2F%2F%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F16469%2F640x360.jpg&w=1920&q=75)
Jesus is Lewe — 'n Studie oor die Boek Johannes
25 Dae
Ons kan waarlik die oorvloedige en vol lewe ervaar wat Jesus ons gee! Ons doelwit met "Jesus Is Lewe", is om dieper in ons geloof, vertroue en liefde vir Christus Jesus, ons Verlosser te groei. In hierdie 25-dag leesplan van Amy Groeschel, sal ons die eerste vier hoofstukke in die boek Johannes verken om te ontdek dat Jesus lewe is — en daardie waarheid verander alles.