Gratis leesplanne en oordenkings oor JEREMIA 29:12
![Verhoudings van die Koninkryk – 'n Leesplan oor die Huwelik, Romantiese Verhoudings en Enkellopendes](/_next/image?url=https%3A%2F%2F%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F11280%2F640x360.jpg&w=1920&q=75)
Verhoudings van die Koninkryk – 'n Leesplan oor die Huwelik, Romantiese Verhoudings en Enkellopendes
3 Dae
Het jy al ooit die huwelik oorweeg? Het jy al ooit gewonder of jou verhouding is wat God vir jou wil hê? Het jy al ooit gevoel dat om enkellopend te wees net 'n laaste uitweg is? Lees verder om uit te vind wat die Bybel oor hierdie belangrike lewenstydperk te sê het.
![Hartseer Stukkies: Hoop vir die Feestyd](/_next/image?url=https%3A%2F%2F%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F1964%2F640x360.jpg&w=1920&q=75)
Hartseer Stukkies: Hoop vir die Feestyd
5 Dae
Vir baie mense is die feestyd 'n tyd van groot vreugde ... maar, wat gebeur wanneer die feestyd sy sprankel verloor, en uitdagend geword het as gevolg van 'n diepe droefheid of verlies? Hierdie spesiale leesplan sal mense help wat deur verdriet gaan om vertroosting en hoop te vind vir hierdie feesdae; en om te wys hoe om 'n betekenisvolle feesseisoen te ervaar ten spyte van 'n diepe droefheid.
![Almal wil wen, maar niemand wil wag nie](/_next/image?url=https%3A%2F%2F%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F4436%2F640x360.jpg&w=1920&q=75)
Almal wil wen, maar niemand wil wag nie
5 Dae
Deur hierdie omvattende, daaglikse leesstukke, leer jy hoe om in alle aspekte van die lewe, van genesing tot verhoudinge, op God se tydsberekening te wag. Ontdek hoe om die beste van die wagtyd te maak en volgens God se wil te bid. Hierdie oordenking is gebaseer op "Everybody Wants to Win, But Nobody Wants to Wait" deur Marcus Gill.
!['n Vrou Van Betekenis: Ontdek Jou Doel](/_next/image?url=https%3A%2F%2F%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F16983%2F640x360.jpg&w=1920&q=75)
'n Vrou Van Betekenis: Ontdek Jou Doel
5 Dae
Jy is 'n vrou van betekenis met 'n Godgegewe bestemming. Hy het jou doelbewus, met 'n doel, vir 'n doel gemaak! Jy is nie per ongeluk hier nie; jy is hier deur die doelbewuste planne van God vir hierdie oomblik in die geskiedenis. Sy voorafbeplanning vir jou ongeëwenaarde lewe was deeglik, volledig en doelgerig. Ontdek hoe jy in die hart van God vir hierdie tyd ontwerp is!
![HY SORG](/_next/image?url=https%3A%2F%2F%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F40949%2F640x360.jpg&w=1920&q=75)
HY SORG
5 Dae
Het jy God se voorsiening in jou finansies, jou huwelik, met jou kinders of selfs met jou toekoms nodig? Hy is onveranderlik en sy voorsiening ook. In hierdie reeks word ons opnuut herinner dat Hy voorsien, genees, bewaar en met ons is.
![Reis Lig](/_next/image?url=https%3A%2F%2F%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F13407%2F640x360.jpg&w=1920&q=75)
Reis Lig
7 Dae
In 'n besige Kersfeestyd ondervind die meeste van ons die spanning en angstigheid van gesinsverhoudings, finansiële druk, vinnige besluite en verwagtinge wat nie vervul word nie. Kom nou. Haal diep asem. Begin met hierdie leesplan van Life.Church en besef dat die las wat ons dra nie iets is wat God ons gegee het nie. Sal jy van die bagasie ontslae raak? Kom ons reis lig.
![God, Waar Is U?! (Saam Met John Bevere)](/_next/image?url=https%3A%2F%2F%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F13545%2F640x360.jpg&w=1920&q=75)
God, Waar Is U?! (Saam Met John Bevere)
7 Dae
Voel jy verlore in ’n moeilike tydperk van jou lewe en wonder “GOD, WAAR IS U?!” In hierdie insiggewende leesplan rus topverkoper outeur, John Bevere, ons toe met sleutel Bybelse insigte en diepgaande stories wat sal help om jou te begelei deur die droë en moeilike tye en om in pas te kom met alles wat God vir jou in gedagte het.
![Ontvang krag in die teenwoordigheid van God](/_next/image?url=https%3A%2F%2F%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F14263%2F640x360.jpg&w=1920&q=75)
Ontvang krag in die teenwoordigheid van God
7 dae
As jy elke dag God se teenwoordigheid sterk wil ervaar, moet jy meer tyd by sy voete deurbring. Dit is in sy teenwoordigheid dat ons herstel en bemagtig word om ons roeping te vervul en om die goeie stryd van geloof te veg. Hierdie oordenkings is geneem uit AARTAPPELGELOOF VIR ELKE DAG deur Angus Buchan © Christelike Uitgewersmaatskappy.
![Goeie Nuus: Bemoediging vir 'n Wêreld in Krisis](/_next/image?url=https%3A%2F%2F%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F19374%2F640x360.jpg&w=1920&q=75)
Goeie Nuus: Bemoediging vir 'n Wêreld in Krisis
7 Dae
Ons lewe in 'n ongekende tyd in die huidige COVID-19 pandemie. Waar kry ons hoop en goeie nuus te midde van die voortdurende stroom van slegte nuus? Vir volgelinge van Jesus is daar altyd goeie nuus. In hierdie 7-dag leesplan, gaan ons kyk na van die beloftes wat die Hemelse Vader vir ons gee en die geloof wat ons nodig het om op sy beloftes te staan.
![Gebede wat God altyd verhoor](/_next/image?url=https%3A%2F%2F%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F21043%2F640x360.jpg&w=1920&q=75)
Gebede wat God altyd verhoor
7 dae
Vir baie gelowiges is frustrasie iets wat hulle gebedslewe karakteriseer, en dit voel meestal of God nie hoor as hulle bid nie. Dié dagstukkies, gebaseer op Stephan Joubert se boek GEBEDE WAT GOD ALTYD VERHOOR, wys aan die hand van Bybelse rigtingwysers hoe ons moet bid sodat God, wie se oor altyd na sy kinders gedraai is, sal luister.
![Verwag God](/_next/image?url=https%3A%2F%2F%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F21700%2F640x360.jpg&w=1920&q=75)
Verwag God
7 Dae
Die lewe is vol onverwagte reise, beide goed en sleg. Al is dit in die goeie tye maklik om God te sien, kan dit uitdagend wees om te midde van tragedie en onmoontlike omstandighede aan hoop vas te hou. Word bemagtig om te bly glo in die Een wat die onmoontlike doen. Wanneer jy 'n ontmoeting met God in jou donkerste uur verwag, sal Hy met bonatuurlike antwoorde verlossing bring van dit wat hopeloos lyk!
![5 tale van die liefde](/_next/image?url=https%3A%2F%2F%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F22930%2F640x360.jpg&w=1920&q=75)
5 tale van die liefde
7 dae
Of julle verhouding sterk of sukkelend is, stabiel of uitdagend, hierdie oordenkings sal julle bemoedig en hernude vreugde in mekaar laat vind. Die boublokke van die huwelik – dinge soos goeie kommunikasie – vorm die basis van enige romantiese verhouding en wanneer twee mense aan mekaar toegewy is, vind positiewe verandering plaas. Hierdie leesplan is saamgestel uit 5 TALE VAN DIE LIEFDE – OORDENKINGS VIR PAARTJIES deur Gary Chapman.
![EEN DING](/_next/image?url=https%3A%2F%2F%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F40071%2F640x360.jpg&w=1920&q=75)
EEN DING
7 Dae
Ons gaan uitvind wat dit beteken om vir Jesus te lewe in 'n wêreld vol afleidings. Hierdie wêreld hardloop teen honderd en sestig kilometer per uur, en ons het meer inligting in die palms van ons hande as wat ons kan hanteer. Is dit die aard van hierdie moderne wêreld? Hoe vertraag ons die pas in so 'n vinnige omgewing? Psalm 27:4 het die antwoord – EEN DING, met Pastoor Andrew Cartledge.
![Wat Jesus Gesê Het Oor Die Sin Van Die Lewe en 'n Christelike Lewens- en Wêreldbeskouing](/_next/image?url=https%3A%2F%2F%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F44273%2F640x360.jpg&w=1920&q=75)
Wat Jesus Gesê Het Oor Die Sin Van Die Lewe en 'n Christelike Lewens- en Wêreldbeskouing
7 dae
Een van die heel belangrikste vrae van ons tyd, is die vraag: Wat is die sin van die lewe. In hier Leesplan kyk ons na wat die Woord hieroor sê.
![Vreugde op die Reis: Vind Hoop Te Midde Van Beproewing](/_next/image?url=https%3A%2F%2F%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F44485%2F640x360.jpg&w=1920&q=75)
Vreugde op die Reis: Vind Hoop Te Midde Van Beproewing
7 Dae
Ons sien of voel dit dalk nie altyd nie, maar God is altyd met ons ... selfs wanneer ons deur moeilike dinge gaan. In hierdie leesplan skryf "Finding Hope" koördineerder, Amy LaRue, uit die hart oor haar eie gesin se stryd met verslawing en hoe God se vreugde in hul donkerste tye deurgebreek het.
![Herwin Jou Vertroue in God](/_next/image?url=https%3A%2F%2F%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F46795%2F640x360.jpg&w=1920&q=75)
Herwin Jou Vertroue in God
7 Dae
Voel jy dat jou vertroue in die Here werklik die afgelope tyd uitgedaag is? Miskien het 'n geliefde gesterf wat jy geglo het volkome sou genees? Jy mag dalk wonder – kan ek Hom nog vertrou? Hierdie leesplan sal jou help om jou vertroue in die Here te herwin en jou geloof versterk in die wete dat die Here jou werklik liefhet.
![Ondenkbare Verlossing: God Se Teenwoordigheid In Miskraam En Onvrugbaarheid](/_next/image?url=https%3A%2F%2F%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F15718%2F640x360.jpg&w=1920&q=75)
Ondenkbare Verlossing: God Se Teenwoordigheid In Miskraam En Onvrugbaarheid
8 dae
Ervaar jy die pyn en hartseer van swangerskapsverlies? Kom ons stap deur die vele emosies, vra die moeilike vrae en soek Bybelse antwoorde. God se ondenkbare verlossing is nie net móóntlik in die donkerste oomblikke nie, maar dán ook baie duidelik en verrassend.
![Van Begin tot in Ewigheid: 'n Studie van die Grootse Vertelling van die Skrif](/_next/image?url=https%3A%2F%2F%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F33896%2F640x360.jpg&w=1920&q=75)
Van Begin tot in Ewigheid: 'n Studie van die Grootse Vertelling van die Skrif
9 Dae
Hierdie leesplan lei jou deur die verhaal van die Bybel en wys jou hoe al 66 boeke saamgestel, een verenigde vertelling vorm. Die ryk teologiese waarhede word van Genesis tot in Openbaring saamgeweef om in hierdie 9-dag studie die ewige betekenisvolheid te wys van wat God in die wêreld doen en hoe Hy ons uitnooi om daarvan deel te word.
![Kom Ons Gaan](/_next/image?url=https%3A%2F%2F%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F18984%2F640x360.jpg&w=1920&q=75)
Kom Ons Gaan
21 Dae
Hierdie 21-dag leesplan van Gateway Church is bedoel om jou aan te moedig en te inspireer om Jesus se sendingopdrag uit te voer: "Gaan uit, die hele wêreld in, en verkondig die evangelie aan die hele mensdom" (Markus 16:15).
![Oswald Chambers: Vrede - Lewe deur die Gees](/_next/image?url=https%3A%2F%2F%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F1032%2F640x360.jpg&w=1920&q=75)
Oswald Chambers: Vrede - Lewe deur die Gees
30 Dae
"Vrede: Lewe deur die Gees" is 'n inspirerende skat van aanhalings uit die werke van Oswald Chambers, die wêreld se mees geliefde oordenkingskrywer en outeur van "My Utmost for His Highest". Vind rus in God en kry 'n dieper begrip van die belangrikheid van God se vrede in jou lewe.