Gratis leesplanne en oordenkings oor JEREMIA 17:7

Lewenslustig: 'n Lewe van Oorvloed
5 Dae
Jy is geskep om 'n lewenslustige getuienis te wees van alles wat God is. Jou hart, en daarom ook jou lewe, is gemaak vir buitengewone oorvloed en vir stralende vreugde. Soos jy dieper delf in die beloftes in van die Woord van God, sal jou lewe die oorvloed van die Vader ten toon stel.

Kos
7 Dae
Kos kan net soos enigiets anders 'n afgod wees. Dit kan jou denke, ingesteldheid en optrede heeltemal in beslag neem. Sommige mense verafgod kos deur te veel te eet en ander weer deur nie genoeg te eet nie. Hierdie 7-dag leesplan sal jou help om 'n gesonde siening oor kos te kry deur die Bybel, die "brood van die lewe". Verdere inligting is beskikbaar by finds.life.church

Maak Oop in Geval van Nood
14 Dae
Ons het elkeen al deur storms in ons lewe gegaan – is nou in 'n lewensstorm of sal nog in die nabye toekoms 'n lewensstorm ervaar. Hierdie 14-dag leesplan sal jou herinner dat Jesus in beheer van elke storm is. Omdat visuele beeld die "taal van die 21ste eeu" is, bevat elke oordenking oorspronklike foto's om dit te verduidelik en die impak daarvan te verdiep.

21 Dae Vas en Gebed
21 dae
Ons as gemeente gaan elke jaar in 'n tyd van vas en gebed in. Dit strek oor 'n 21 dae tydperk. Vir die 21 dae, is daar elke dag 'n fokuspunt waarvoor ons saam as gemeente sal bid en vertrou. "Geloof benodig gebed vir sy groei en volle ontwikkeling, en gebed benodig vas vir dieselfde rede." - Finnis Jennings Dake

Vra, Dink, Verbeel Jou
22 Dae
Hierdie leesplan is 'n viering van ons 25ste verjaardag in samewerking met die Life.Church personeel wat strek van pastore tot tegnici. Ons sien uit na nog baie jare saam deur God se voorsiening wat meer is as wat ons in ons alledaagse lewe kan vra of dink. Die leesplan is vir almal wat aan God se getrouheid, krag en goedheid herinner wil word.