Gratis leesplanne en oordenkings oor JEREMIA 1:5

'n Vrou Van Betekenis: Ontdek Jou Doel
5 Dae
Jy is 'n vrou van betekenis met 'n Godgegewe bestemming. Hy het jou doelbewus, met 'n doel, vir 'n doel gemaak! Jy is nie per ongeluk hier nie; jy is hier deur die doelbewuste planne van God vir hierdie oomblik in die geskiedenis. Sy voorafbeplanning vir jou ongeëwenaarde lewe was deeglik, volledig en doelgerig. Ontdek hoe jy in die hart van God vir hierdie tyd ontwerp is!

Jy is dit werd.
5 Dae
Vance K. Jackson lei lesers in hierdie kragtige, hart-herskeppende leesplan. Want so lief het God die wêreld gehad dat Hy sy Seun gegee het as die finale offer. God het jou hartstogtelik lief. Sy liefde strek verder as wat verwoord kan word. God het vlees geword en vir jou gesterf. Jesus Christus het vir jou gesterf. Dit maak nie saak wat jou sonde is nie. Dit maak nie saak hoe swaar dit is nie. Dit maak nie saak hoe groot die las is nie. Christus het gesterf om jou vry te maak.

Bevryding van Vergelykings
5 Dae
Deur middel van hierdie 5-dag leesplan, Bevryding van Vergelykings, gee skrywer Nona Jones praktiese insig en eenvoudige bemoediging om jou te help om op te hou om jou met ander te vergelyk en eerder 'n bevrydende, vreugdevolle lewe na te jaag — om met selfvertroue te leef en te weet wie God jou geskep het om te wees. Jy kan die boek "Killing Comparison" te koop kry as jy die volle vrymakingsreis wil meemaak.

Jy Is Uniek
6 Dae
Oor hierdie 6 dae herinner God ons weereens aan hoe spesiaal en uniek ons is. Enig in ons soort. Ons moet ook onthou en besef hoe belangrik ons gedagtes is. Ons kies waarop ons wil fokus. Ons moet doelbewus kies om met die Here se hulp op dit te fokus wat goed en opbouend is. Want dit wat ek dink, dit is ek.

Vry Van Myself: Hoekom Die Lewe Beter Is As Alles Nie Om Jou Draai Nie
7 Dae
Ek het iets verrassends ontdek: om vir myself te lewe is baie werk. Dit mag dalk bevrydend klink om gefokus te bly om die beste "ek" te wees, maar dit is eintlik 'n baie swaar las om te dra — God het ons eerder geroep om ons vreugde daarin te vind om allereers op Hom te fokus. Ek hoop die kort oordenkings uit my boek "Free of Me", vind aanklank by jou begeerte om jou los te maak van jouself en aan God vas te hou. Daar vind ons ware vryheid!

Die moed om jouself te wees
7 dae
Is jy moeg vir speletjies speel, maskers dra of probeer om iemand anders as jouself te wees? Wil jy vry wees om net aanvaar te word vir wie jy is nie, sonder die druk om iemand te wees wie jy nie regtig is nie? Wil jy graag weet hoe om jou unieke self te wees en die versoeking te weerstaan om soos almal te wees?

Om na God te Luister
10 Dae
Praat God steeds vandag met ons? Indien wel, hoe kan ons sy stem onderskei van die misleiding en verdraaiings van die vyand? Sluit by Dr. Charles Stanley aan waar hy jou leer hoe om God se stem te identifiseer, aktief te luister na sy leiding en om die waarheid te onderskei van die vals boodskappe wat jou wil mislei. Ontdek jou sleutelrol in die beoefening van gebed en om na God se stem te luister.

Herskep deur die Waarheid
12 Dae
Een van die Satan se beste strategieë is om mense te laat voel asof hulle heeltemal alleen is in hul twyfel, angs en versoekings. Hierdie leesplan werp lig op sommige van die areas waarmee jong vrouens in hul daaglikse Christelike wandel mag sukkel. In 12 dae sal jy leer om die leuens te herken wat die Satan vir jou vertel en ook om die waarheid te ken wat in Christus te vinde is. Jy mag dalk selfs vind dat jy nie so alleen in jou stryd is as wat jy gedink het nie.

Gereedskap Vir Die Lewe
14 Dae
In hierdie leesplan gaan pastoor Rick Warren ons leer van die agt vaardighede wat ons gaan nodig kry om suksesvol te wees in ons strewe na ons unieke missies in die lewe.

Vroue Van Die Woord
14 dae
Ons realiteit is een van gejaagdheid, moedeloosheid, vrees en angstigheid oor die toekoms. Maar keer op keer herinner God ons deur sy Woord wie ons is en dat Hy Hom oor ons ontferm. Kyk verby die dominante storie van vrees en moedeloosheid en sien dat God se pad met jou ’n pad van deernis en liefde is. Hierdie oordenkings kom uit Jannie Pelser se samestelling VROUE VAN DIE WOORD.

Hiervoor geskep: 'n Studie oor Identiteit, Inpas en Doel
15 Dae
Wie is ek? Hoekom is ek hier? Waar pas ek in? Wat is my doel? As jy ooit oor groot vrae soos hierdie nagedink het, is jy nie alleen nie. Diep binne voel ons almal of daar meer aan die lewe is, dat ons vir meer geskep is. In hierdie 15-dag leesplan, sal ons ontdek wie ons geskep is om te wees, waar ons waarlik inpas en ware aanvaarding vind, en vir watter doel God ons geskep het!

Jeremia
27 dae
God het Jeremia, 'n teerhartige man, gekies om 'n harde boodskap te lewer, maar die mense ontvang die boodskap nie goed nie. Reis daagliks deur Jeremia terwyl jy na die oudiostudie luister en uitgesoekte verse uit God se woord lees.

Egskeiding tot Genesing: 31 Dae van Genesing en Heelwording
31 Dae
As dit by egskeiding kom, is God verreweg die enigste antwoord om volkome genesing te bereik. Deur hierdie leesplan deur te gaan, sal jy nader aan God beweeg, terwyl jy wysheid sal bekom oor hoe om jou emosies en gevoelens te hanteer gedurende hierdie vreeslike moeilike tyd. Sou jy kies om die 31 dae te herhaal, sal jy jou vordering kan opmerk, terwyl God verder aanhou om jou wonde te genees en jou beter berusting te laat vind.