Gratis leesplanne en oordenkings oor JESAJA 58:3

Om te Help Sonder om te Skaad: Die Bybel en die Armes
10 Dae
Die Bybel gee ons die opdrag om vir die armes en verdruktes te sorg. Kom verken die diepte van God se besorgdheid oor hulle, en hoe jy dalk sélf op hierdie roeping kan reageer. Elke dag sluit ’n ware verhaal of staaltjie, ’n Skrifgedeelte en oordenking, ’n uitdaging en ’n gebed in. Die oordenkings is geïnspireer deur, of aangepas uit Steve Corbett en Brian Fikkert se boek "When Helping Hurts: How to Alleviate Poverty Without Hurting the Poor ... and Yourself".

In Die Sakewêreld Met God
12 Dae
Gee gierigheid 'n opstopper in die gesig met al God se roekelose liefde! God is gretig om sy liefde, goedheid en wysheid aan almal in die hemel en op aarde te vertoon. Duik sommer in God se begeerte om besighede te gebruik om op bonatuurlike wyse fisieke en geestelike armoede aan te raak en so die oorvloed van sy koninkryk na die aarde te bring.

Dít Het Jesus Nooit Gesê Nie
21 dae
Daar word baie keer verkeerdelik geglo of oorgedra wat hulle dink Jesus gesê het. Mense glo dan iets wat nie altyd waar is nie. In hierdie leesplan deur skrywer Andries Enslin: “Dít het Jesus nooit gesê nie” word feit en fiksie geskei. Daar word duidelik gesê wat die wêreld glo Jesus sê en wat Hy werklik gesê het.

21 Dae Vas en Gebed
21 dae
Hallo Kerk, Centurion, se 21-dae-vas-en-gebedleesplan wil jou aanmoedig om jou verhouding met die Here te verdiep en versterk. Jy sal meer leer oor vas (Wat is vas? Hoekom vas ons? Wat is die voordele van vas?), en dit sal jou ook help om jou gebedslewe te verdiep. Die leesplan bestaan uit kort dagstukke en Skriflesings vir elke dag. Om ons te kontak besoek gerus: www.hallokerk.co.za