Gratis leesplanne en oordenkings oor JESAJA 55:11

Lewe Veranderd: Geestelike Oorlogvoering
5 Dae
As Christene het ons die krag van Jesus Christus wat in ons woon, maar dikwels gee ons die krag oor aan die een wat ons teëstaan. Daar is 'n geestelike oorlog wat oral om ons plaasvind, maar ons is nie hulpeloos nie. Ons kan kies om ons Godgegewe gesag te gebruik om vir onsself en vir ons geliefdes te veg. Hierdie leesplan sal jou aan jou geestelike wapens bekendstel en jou vir die stryd gereed maak!

Spreek Lewe
5 Dae
Die lewe self bestaan uit keuses. Die keuses wat ons maak kan ons op baie verskillende paaie lei. Om die pad te volg wat God voor ons gestel het, is dit vir ons belangrik om lewegewende woorde eerder as dood en vernietiging uit te spreek. Om die woorde van God uit te spreek kan 'n situasie, probleem, selfs 'n lewe verander. In sy jongste leesplan, deel David Villa hoe ons lewe oor dood kan spreek.

Jou Beste Belegging!
5 dae
Om ‘n geseënde en oorvloedige opbrengs te kry, begin met die regte belegging wat jy maak. As jy ‘n nuwe Christen is, is daar nie ‘n groter belegging wat jy kan maak in jou geloof nie as ‘n gereelde inname van die Woord van God. Dit begin hier; waar jy hulp kry om die Woord te Lees, te Verstaan en daagliks effektief Toe te Pas.

Lewenslustig: 'n Lewe van Vreugde
5 Dae
Daar is mense in die wêreld wat lewenslustig leef. Hulle vreugde is aansteeklik, hulle vrede diep gewortel, en hulle ontferming is innemend. Jy is gekies om lewenslustig te leef in jou oomblik in die geskiedenis. Nie net het jy die werk gekry om lewenslustig te lewe nie, maar jy is ook ten volle toegerus om 'n lewenslustige en uitgebreide lewe te lei.

Lewe Deur Die Gees: Oordenkings Deur John Piper
7 Dae
7-Dag Oordenking oor die Heilige Gees deur John Piper

Die Bybel is lewendig
7 Dae
Sedert die begin van alle tye, het die Woord van God die harte en denke van mense aktief herstel — en God is nog nie klaar nie. Kom ons vier die lewensveranderende krag van die Skrif in hierdie 7-dag leesplan deur van naderby te kyk hoe God die Bybel gebruik om 'n impak op die geskiedenis te maak en lewens regdeur die wêreld te verander.

Vir die Vreugde Wat Vir Hom In Die Vooruitsig Was: 'n Paasoordenking
8 Dae
Die laaste week in Jesus se lewe op aarde was nie 'n gewone week nie. Dit was tyd vir bitter-soet totsiens-sê, vir oorvloedige geskenke, wrede verraad en gebede wat die hemel geskud het. Herleef hierdie week, van palmsondag tot die mees wonderbare opstanding, terwyl ons saam deur die Bybelse verhaal lees. Ons sal saam met die skares in Jerusalem se strate juig, in woede op Judas en die Romeinse soldate skree, saam met die vrouens by die kruis huil en op Paassondag met sonsopkoms feesvier!

Ons Daaglikse Brood - Bybelse Grondbeginsels
12 Dae
Is jy nuuskierig oor die Bybel? Is enigiets hiervan nog vir vandag toepaslik? Die Bybelse Grondbeginsels Leesplan bied jou 'n oorsig oor die Bybel en sal demonstreer hoe die Ou- en Nuwe Testament se boeke bymekaar inskakel. Jy sal geestelike insigte ontdek wat vandag tot jou hart sal spreek en jy sal verstaan hoekom die Bybel 'n blywende en invloedryke boek is. Begin vandag — dis net twaalf, 5-minuut oordenkings met daaglikse Bybelleesstukke.

Die Invloed Van die Heilige Skrif
15 Dae
Wat het die Bybel te sê oor die Bybel? Wat het 'n antieke boek vir die moderne mens te sê? Hierdie Life.Church leesplan ondersoek die invloed wat die Skrif in jou alledaagse lewe kan hê met Skrifgedeeltes wat beklemtoon hoe die Woord van God steeds vandag sy woord vir ons is.