Gratis leesplanne en oordenkings oor JESAJA 43:3

Word Bevry
5 Dae
Word Bevry, lei jou deur 'n studie van die Skrif om die herskeppende krag van vryheid in Jesus Christus te ontdek. Temas vir hierdie studie kom uit Jesaja, 'n boek oor die gevangenskap van God se kinders, die getrouheid van God en die pad na vryheid.

Verlies Het Nie Die Finale Sê Nie
5 Dae
Hierdie leesplan wys hoe die Bybel vir ons vertel dat God alles laat uitwerk vir diegene wat Hom liefhet en dat hartseer en verlies nie die finale woord het nie; God het.

Hanteer Vrees in Onseker Tye
5 Dae
Wat doen jy as daar jy skielik baie onseker voel en jy meer vrae as antwoorde het? Wanneer die lewe jou onverwags tref, is dit nie tyd om paniekerig te raak nie — dis tyd om in geloof te leef en God toe te laat om jou met sy vertroosting en hoop te vul! In hierdie 5-dag oordenking van Joyce Meyer, leer ons hoe om vrees hok te slaan en God se liefde, vrede en bemoediging in moeilike tye te ontvang.

Hoop vir Gewonde Harte: Gedeeltes uit Jesaja
5 Dae
Die boek Jesaja bevat ryk beelde, profesieë oor die komende Messias en herinneringe aan God se getrouheid aan sy volk. Die profeet Jesaja vertel van God se getrouheid aan die Israeliete en praat van sy hoop op 'n toekomstige verlossing deur Jesus. In hierdie leesplan sal jy meer leer oor God se geregtigheid en deernis en hoe hy teenwoordig is by en naby is aan mense wat swaarkry.

Soeke na Vreugde: Ses Bybelse Waarhede deur John Piper
6 Dag
Almal in die wêreld wil graag gelukkig wees. Dit is onafwendbaar. Maar hoe presies pas ons strewe na geluk met God se strewe om verheerlik te word? Dit is een van die belangrikste vrae wat jy ooit kan vra. En die antwoord mag jou dalk verras.

7 Stadiums van Verdriet na 'n Miskraam
7 Dae
Die hartseer wat op 'n miskraam volg, het die potensiaal om ons nader aan God te trek of verder van Hom te verwyder. Ons vyand, die Satan, wil ons diepste emosies gebruik om ons so ver moontlik van God af weg te lok as wat moontlik is. Net God kan die vrede en genesing bring waarna ons harte smag. Hierdie leesplan gaan die sewe stadiums van verdriet identifiseer en vroue lei om ware genesing in die Woord van God te vind.

Here, Ek Wil Sien!
7 dae
BESKRYWING: Ons kyk so maklik vas teen die uiterlike dinge in ons lewe. Ons verloor hoop, perspektief en geloof omdat ons bang en moedeloos raak. Kom ervaar hierdie week saam met my hoe hoog en wyd en diep God se genade vir my en jou strek sodat ons weer elke dag kan jubel en juig omdat Jesus Christus ons Here is en Hy die Een is wat ons geestesoë sal oopmaak!

Om Dankbaarheid te Kies
10 Dae
Daar is so baie van ons wat gefrustreerd, angstig en met 'n gevoel van oorweldiging lewe. Ons hoef nie so te lewe nie. Nuwe gewoontes kan gevorm word. Nuwe hoop kan gevind word. Vreugde is net om die draai. Hoe kom ons daar? Die geestelike oefening van dankbaarheid is dikwels die verlore sleutel om die hoop, vreugde en prag rondom ons te ontsluit.

Wees Sterk en Standvastig
10 Dae
Wanneer dit voel of die uitdagings van die lewe vir jou te veel raak, draai na die Woord van God toe en skep weer nuwe moed. Hierdie 10 oordenkings uit WEES STERK EN STANDVASTIG sal jou help om nuwe moed en krag te kry vir elke dag se uitdagings by die heel grootste Bron van krag.

In Jesus Is Jy...
29 dae
Wie is ek? Waarom is ek hier? Maak ek saak? As ons nie weet wat ons identiteit is nie, kan ons nie leef soos ons bestem is om te leef nie. Ons kan probeer om ons identiteit deur ons gesin, loopbaan, vriende, stokperdjies of nasionaliteit te definieer. In hierdie studie gaan ons fokus op die waarheid wie ons in Christus is en daardeur ons ware identiteit verstaan.