Gratis leesplanne en oordenkings oor JESAJA 40:8

Inleiding
3 dae
Begin jou Bybeloudiostudiereis met 'n daaglikse gids tot belangrike studiebenodigdhede en kies verse uit God se woord. Leer om jou tyd te maksimeer om die Bybel te lees.

Hoe om die Bybel te begin Lees
4 dae
Kom ons wees nou eerlik: ons weet dat dit 'n goeie idee is om die Bybel te lees, maar dit is redelik moeilik om te weet waar om te begin. Oor die volgende vier dae sal ons leer hoekom die Bybel belangrik is, hoe om 'n daaglikse leesgewoonte te begin en hoe dit op ons lewens van toepassing is.

Die Kersverhaal
5 Dae
Elke goeie verhaal het 'n kinkel in die komplot — 'n onverwagte oomblik wat alles verander. Een van die grootste kinkels in 'n komplot kom in die Bybel voor as die Kersverhaal. Oor die volgende vyf dae sal ons verken hoe hierdie een gebeurtenis die wêreld verander het en hoe dit jou lewe vandag kan verander.

Wanneer Jy God Nie Verstaan Nie
5 Dae
Ons almal het al vrae oor God gehad — sommige is beantwoord, en sommige nie. Die waarheid wat ons uit die Bybel leer sal ons help om antwoorde op baie van ons vrae te vind. Die antwoorde wat ons net nie kan kry nie, asook die vrae wat onbeantwoord bly, kan ons as dryfkrag gebruik om God meer intens na te jaag.

Verspotte Geloof
5 Dae
Iets in jou glo die onmoontlike. Iets in jou dagdrome oor 'n wonderwerk. Iets in jou weet jy is gemaak om 'n lewe van verspotte geloof te lewe. In hierdie 5-dag leesplan sal Pastoor Michael Todd jou begelei op 'n reis van geloof terwyl hy jou help om 'n nuwe perspektief op God se planne vir jou te kry: 'n toekoms wat jy jou skaars kan verbeel.

'n Sewe-dag Gids oor Gebed
7 dae
Wanneer ons aan die woord "gebed" dink, het ons moontlik 'n idee wat dit behels. Heel moontlik het jy al vorige ondervinding van gebed, ongeag jou agtergrond. In hierdie 7-dag leesplan gaan ons dieper delf in wat gebed behels en hoe ons sekere aksies 'n deel van ons dag kan maak, wat ons sal help om 'n deurlopende gesprek met God te hê — vir die res van ons lewens.

'n 7-dag Gids oor Gebed
7 dae
Wanneer ons aan die woord "gebed" dink, het ons moontlik 'n idee daarvan in gedagte. Heel moontlik het jy al vorige ondervindinge met gebed, ongeag jou agtergrond. In hierdie 7-dag leesplan gaan ons dieper delf in wat gebed behels en hoe ons sekere aksies 'n deel van ons dag kan maak, wat ons sal help om 'n deurlopende gesprek met God te hê vir die res van ons lewens.

Beloftes van God
29 dae
Het jy al ooit die gesegde: 'beloftes word gemaak om gebreek te word,' gehoor? Terwyl mense beloftes mag maak en dan breek, doen God wat Hy belowe. In hierdie vier weke-studie oor die beloftes van God sal ons kyk na hoe God belowe om: met jou te wees, jou te lei, te help en jou te onderhou. Hy is die ware Beloftehouer. God se beloftes is onfeilbaar, onveranderlik en waar.

Die God Wat Herstel
29 dae
Met Kersfees vier ons Christus se eerste koms, terwyl ons wag en uitsien na sy wederkoms. Ons dink aan die gebrokenheid van ons wêreld en hoe Hy herstel en heelheid gaan bring wanneer Hy kom. Ons loof Christus met vreugde omdat ons ons hoop op Hom stel. Hierdie Bybelstudie neem ons deur die Adventstyd, ‘n tydperk van wag en groot verwagting op die koms van ons ewige Koning.