Gratis leesplanne en oordenkings oor JESAJA 12:2

Sewe Dinge Wat Die Bybel Oor Angs Sê
7 Dae
Elke dag het die potensiaal om komplekse nuwe uitdagings in ons lewens te bring. Dit is egter ewe waarskynlik dat elke nuwe dag vir ons opwindende nuwe geleenthede kan skenk. In hierdie 7-dag leesplan, help YouVersion personeellede jou om waarhede uit die Woord van God toe te pas op alles wat jy vandag in die gesig staar. Elke dag se oordenking sluit 'n Versbeeld in wat jy kan deel, oor dit wat God vir jou sê.

’n Nuwe Begin
7 dae
Ons staan dikwels voor een of ander vorm van ’n nuwe begin. Wanneer ’n nuwe begin jou in die gesig staar, selfs al is dit as gevolg van ’n pynlike situasie, moet jy fyn oplet en soek na nuwe geleenthede in hierdie nuwe begin. En onthou dat God elke tree van jou lewe saam met jou is. Hierdie leesplan is saamgestel uit ’N NUWE BEGIN deur Carolyn Larsen.

Laat Sy Liefde Jou Lei
7 hari
Deur die eeue was God op kreatiewe maniere by sy kinders betrokke. Jy moet onthou dat dit vándag in jóú lewe ook die geval is. Plaas die beheer van jou lewe in sy hande en jy sal ervaar hoe sy liefde jou met teerheid toevou en lei deur die goeie én moeilik dae. Hierdie sewe oordenkings is geneem uit LAAT SY LIEFDE JOU LEI deur Milanie Vosloo.

Vreesloos
7 Dae
Onthou jy nog hoe bang ons as kinders vir die donker was was? Nou is ons groot en lê ons begrip van die “nag” in dinge soos verhoudingsprobleme, huwelikskonflik, werksonsekerheid, vrees oor die toekoms ... Milanie Vosloo herinner ons vandag dat daar een plek is waarheen ons as volwassenes met ons vrese kan gaan en dit is in die arms van ons hemelse Vader!

Oswald Chambers: Hoop - ‘n Heilige Belofte
30 Dae
Hoop: ‘n Heilige Belofte, is ‘n inspirerende skatkis van aanhalings uit die werke van Oswald Chambers, die wêreld se mees geliefde oordenkingskrywer en outeur van "My Utmost for His Highest". Chambers sal jou inspireer en uitdaag met sy eenvoudige en direkte Bybelse wysheid.

God se Hartklop
30 Dae
'n Geloofskat lê in hierdie 30 dae van toewyding, "God se Hartklop". Elke dag begin met 'n lofverklaring met die woorde: "O Vader, U is ...". Dan word sy karakter en eienskappe (byvoorbeeld: "O Vader, U is goed") ontvou. Hierdie Skrifgevulde oordenkingsgebede lei die leser tot 'n beoefening om God se Naam te verhef, wat weer lei na 'n dieper begrip van sy doelbewuste hartklop van liefde vir sy mense.

Egskeiding tot Genesing: 31 Dae van Genesing en Heelwording
31 Dae
As dit by egskeiding kom, is God verreweg die enigste antwoord om volkome genesing te bereik. Deur hierdie leesplan deur te gaan, sal jy nader aan God beweeg, terwyl jy wysheid sal bekom oor hoe om jou emosies en gevoelens te hanteer gedurende hierdie vreeslike moeilike tyd. Sou jy kies om die 31 dae te herhaal, sal jy jou vordering kan opmerk, terwyl God verder aanhou om jou wonde te genees en jou beter berusting te laat vind.