Gratis leesplanne en oordenkings oor HEBREËRS 6:12

Rus in Hom
5 dae
Daar is soveel dinge wat ons elke dag moet doen. Ons kry skaars ons daaglikse werk afgehandel – wat nog te sê om uit te kom by belangrike dinge soos ontspanning, gesinstyd en naastediens. Hierdie 5-dag-leesplan sal jou lei om te besef dat rustyd en ontspanning deel is van God se plan vir jou lewe. Dit is trouens noodsaaklik dat jy moet rus, en veral by God rus moet vind. Hy wil graag jou swaar las van jou skouers afneem en vervang met sy vrede. Hierdie oordenkings is geneem uit DIE SAKPAS-BYBEL MET OORDENKINGS VIR VROUE deur Norma Rossouw © Christelike Uitgewersmaatskappy.

Hoop is 'n Persoon
5 Dae
Wanneer ons alledaagse lewe verwoes word deur lewensveranderde ervarings dan voel ons vrees, angs, hartseer en teleurstelling en uiteindelik lei dit ons na wanhoop. Ons hoop en drome vervaag deur die harde werklikheid van die lewe. Hoop is egter nie net 'n kortstondige wens nie, Hoop is 'n Persoon!

Geanker in Hoop: Leesstukke uit die Nuwe Testament
5 Dae
Ons vestig dikwels ons hoop op dinge in die wêreld om ons – vir 'n bevordering, 'n beter verhouding, 'n hegter familie en genesing van siektes. Om egter net op aardse dinge te hoop, sal ons hoop beskaam word. Die Bybel sê dat ons verlies en teleurstellings op aarde sal beleef, maar God hou ons in sy ewige liefde vas. Jy sal met hierdie leesplan leer hoe God vir jou sorg en sien hoedat geestelike hoop jou met krag tydens die lewensstorme vul.

Jesus: Die Groot Hoëpriester — Die Jesus Is Groter Reeks
6 Dae
Ons begin Deel Vier van ons reeks oor Hebreërs met die derde waarskuwing: wees versigtig om nie van Jesus afvallig te raak nie. As ons Jesus en ons verhouding met Hom uit die oog verloor, het ons nie langer toegang tot die beter lewe wat Hy bring en alles wat daarmee gepaardgaan nie. Jesus is die groot Hoëpriester wat aan ons die nuwe verbond gee. Sonder Hom kan ons nie lewe, wandel of toegang tot God se beloftes kry nie.

Hoop Op God!
15 Dae
Vir baie mense is "hoop" iets positiefs maar ook iets onseker. As ons op iets hoop, is ons nie seker of dit gaan gebeur nie. Die Bybel leer ons egter dat daar 'n bron van hoop is wat absoluut seker en betroubaar is: God se karakter en beloftes. Hierdie leesplan gaan oor hoop vanuit 'n Bybelse perspektief.

121 Advent
24 Dae
Die geboorte van Jesus, sy advent (koms), is God se uiteindelike plan vir ons verlossing. In Christus sien ons die volle prentjie van God se hoop, vrede, vreugde en liefde. Die Woord van God is die waarheid waardeur ons Hom ken en daagliks met Hom wandel. Dit is ons hoop dat hierdie leesplan jou sal bemoedig om persoonlike tyd in die Woord deur te bring en dat dit 'n bron sal wees vir gesinne met kinders om dit saam te lees.