Gratis leesplanne en oordenkings oor HEBREËRS 11:3

Ek Is Entoesiasties
4 dae
Voel jy soms net lusteloos? Jy is nie alleen nie — selfs koning Dawid het sy vreugde verloor. Begin lees uit deel vyf van die reeks "Bly Positief" wat uit ses gedeeltes bestaan en raak weer entoesiasties.

Wanneer Teleurstelling Toeslaan
4 dae
Moes jy onlangs teleurstelling hanteer het? Niemand is daarvan kwytgeskeld om dit te ervaar nie. Ongeag wie ons is, ons sal almal tye beleef wanneer ons nie gekry het wat ons wou gehad het nie. Wat moet ons dan met ons teleurstellings doen? Is dit verkeerd van ons om so te voel? In hierdie vierdagleesplan sal ons kyk hoe ons teleurstellings omskryf, aanvaar, verwerk en ten goede aanwend.

Oorwinnaar: Vind Krag in Moeilike Tydperke
4 dae
Om moeilike tydperke te oorkom, kan onmoontlik voel terwyl jy daardeur gaan. Gelukkig is God in staat om meer te doen as wat ons kan vra of ons kan voorstel. Ontdek in hierdie 4-dag leesplan, hoe God jou van pyn en teleurstelling kan verlos en nuwe betekenis daaraan gee.

Die Bonatuurlike Lewe
5 Dae
Om die bonatuurlike werklikheid van die geestelike wêreld in die Bybel te erken, is noodsaaklik om die Bybel te verstaan. Hoewel ons nie alles kan sien nie, werk God agter die skerms om alles te vervul wat in die Bybel belowe word. Hierdie 5-dag leesplan sal jou uitdaag om doelbewus te leef — en glo dat sy onsigbare hand in jou omstandighede besig is.

Verspotte Geloof
5 Dae
Iets in jou glo die onmoontlike. Iets in jou dagdrome oor 'n wonderwerk. Iets in jou weet jy is gemaak om 'n lewe van verspotte geloof te lewe. In hierdie 5-dag leesplan sal Pastoor Michael Todd jou begelei op 'n reis van geloof terwyl hy jou help om 'n nuwe perspektief op God se planne vir jou te kry: 'n toekoms wat jy jou skaars kan verbeel.

Voltooi die Wedloop van Geloof: Jesus Is Groter Reeks #7
6 dae
Wanneer ons na die buiteland reis, moet ons seker maak ons het die regte geldeenheid om mee handel te dryf. Geloof kan vergelyk word met "koninkryksgeld". Ons kan nie in die koninkryk van die hemel handel dryf tensy ons geloof het nie. Hierdie sewende leesplan in die reeks neem ons deur Hebreërs, en wys ons hoe deurslaggewend geloof in ons daaglikse wandel met God is. Hoe lyk jou geloofsrekening?

Ongewone Raad
6 dae
Wat sou Dawid, Moses, Daniël, Petrus, Rut en Jesus vir Millenniërs en/of Generasie Z te sê hê? Vind uit in hierdie 6-dag leesplan waarin ons ongewone raad vanuit welbekende Bybelstories gee.

Familie Eerste Maak Saak
7 Dae
Een van die mees algemene probleme in die vinnige samelewing waarin ons leef, is hoe om 'n gebalanseerde lewe te skep tussen persoonlike, familie- en professionele lewe, areas waarin ons almal wil presteer. Dit veroorsaak dikwels onnodige spanning wat lei tot ongesonde, stresvolle werk en uiteindelik ly ons produktiwiteit daaronder. Die gebruik van dié 7-punt Welstandmodel sal ons help om ons lewens so te verander dat ons dit beter kan bestuur, doeltreffende werkers kan word en ons gesinsverhoudings kan verbeter.

Ses Stappe Tot Suksesvolle Leierskap
7 Dae
Is jy gereed om as leier te groei? Craig Groeschel verduidelik ses Bybelse stappe wat enigeen kan neem om 'n beter leier te word. Ontdek 'n dissipline om mee te begin, die moed om op te hou wanneer nodig, om iemand te bemagtig, om 'n stelsel te skep, 'n verhouding te begin en die risiko wat jy moet neem.

Die Bybel: 'n Verduideliking
7 Dae
Die Bybel is een van die invloedrykste boeke van alle tye, maar dit kan oorweldigend voorkom om te weet hoe om dit te verstaan en wat om daarmee te doen. Hierdie 7-dag leesplan sal jou help om te ontsluit wat die Bybel is, hoekom dit saak maak, en hoe jy dit vandag kan verstaan. Ons sal ook ontdek hoe jy God se Woord in sy wêreld kan aanwend.

Sy Glorie, My Storie: 'n Studie Van Sy Heerlikheid in Hebreërs
8 Dae
In hierdie leesplan, "Sy Glorie, My Storie: 'n Studie van Sy Heerlikheid in Hebreërs", verken ons ons identiteit in Christus, hoe om in en vanuit God se teenwoordigheid te leef, God se verklarings oor ons identiteit en reinheid, en wat dit beteken om as geloofshelde te leef, bemagtig deur God se heerlikheid om die wêreld vir sy koninkryk te beïnvloed.

Die Seën van die Alledaagse
10 Dae
Wat as die knaende gevoel dat jou geestelike lewe meer skouspelagtig moet wees, nie van die Heilige Gees af kom nie? Hierdie oordenking openbaar dat om vrede te vind wat jou verstand te bowe gaan, nie in groener weivelde is nie, maar in jou huidige lewe. Sluit die volgende tien dae by ons aan terwyl ons die seën vind in die wonderlike alledaagse, en leer om tevrede te wees daarmee.

Wanneer Geloof Faal: 10 Dae Om God In Die Skadu Van Twyfel Te Vind
10 Dae
Om met geloof en twyfel te worstel, kan uiters eensaam en afgesonderd wees. Sommige ly in stilte, terwyl ander hul geloof die rug toekeer, omdat hulle aanneem dat twyfel onversoenbaar met geloof is. Dominic Done glo dit is beide tragies en 'n uiterste wanopvatting. Hy gebruik die Skrif en literatuur wanneer hy aanvoer dat bevraagtekening nie net normaal is nie, maar dit is dikwels 'n pad wat na 'n ryke en lewendige geloof lei. Verken in hierdie 10-dag leesplan meer oor geloof en twyfel.

Ek Kies
12 Dae
Voel jy ooit of jy vasgevang is binne 'n kies-jou-eie-avontuur-boek, terwyl iemand anders die keuses maak? Ma's is reg. Die keuses wat ons maak, maak eintlik baie saak. Hierdie Life.Church leesplan word vergesel deur boodskappe van Craig Groeschel, wat van die kragtigste keuses bevat wat enigeen kan maak. Miskien kan ons nie altyd ons eie avonture kies nie, maar ons kan doelgerigtheid, gebed, oorgawe, dissipline, liefde en belangrikheid kies.

Hoop In Donker Tye
12 Dae
Hierdie leesplan is bedoel vir iemand wat seerkry en nie verstaan hoekom nie. Indien jy iets of iemand verloor het, of jy voel jou geloof word tot die uiterste getoets, dan mag hierdie leesplan uit die boek "Hope in the Dark" van pastoor Craig Groeschel van Life.Church, net dit wees wat jy nodig het. As jy wil glo, maar nie seker is hoe nie, is dit vir jou bedoel.

Hoop Op God!
15 Dae
Vir baie mense is "hoop" iets positiefs maar ook iets onseker. As ons op iets hoop, is ons nie seker of dit gaan gebeur nie. Die Bybel leer ons egter dat daar 'n bron van hoop is wat absoluut seker en betroubaar is: God se karakter en beloftes. Hierdie leesplan gaan oor hoop vanuit 'n Bybelse perspektief.

Jesus is Lewe — 'n Studie oor die Boek Johannes
25 Dae
Ons kan waarlik die oorvloedige en vol lewe ervaar wat Jesus ons gee! Ons doelwit met "Jesus Is Lewe", is om dieper in ons geloof, vertroue en liefde vir Christus Jesus, ons Verlosser te groei. In hierdie 25-dag leesplan van Amy Groeschel, sal ons die eerste vier hoofstukke in die boek Johannes verken om te ontdek dat Jesus lewe is — en daardie waarheid verander alles.