Gratis leesplanne en oordenkings oor HEBREËRS 10:39

Ek Is Vol Vertroue
4 dae
So baie van ons huiwer tussen onsekerheid en valse vertroue. Hierdie 4-dag leesplan van Life.Church sal vir jou 'n nuwe grondslag vestig in vertroue op God. Begin lees uit deel ses van die reeks "Bly Positief" wat uit ses gedeeltes bestaan.

Uitdagings om Vas te Hou —Jesus Is Groter Reeks #6
5 Dae
Om met God te wandel is nie maklik nie. Wanneer ons kies om God met ons hele hart te volg, word dinge moeiliker. Wat hou ons op hierdie pad? Hoekom kies ons om saam met Hom op reis te gaan? Die antwoord: JESUS IS GROTER! In hierdie leesplan, die sesde van nege, op ons reis deur Hebreërs, sien ons hoe ons lewe saam met Jesus uitdagend kan en sal word. Om vas te hou is dalk nie altyd maklik nie, maar dit sal die moeite werd wees.

Dagstukkies vir besige vroue
7 dae
Bekende vroue soos Christelle Webb-Joubert, Benescke Janse van Rensburg, Christine Ferreira, Helenè Bester, Chanté Hinds-Moller, Lizette Murray en Bertha le Roux-Wahl bring boodskappe van hoop vir ma’s. Hulle herinner jou dat jy nie alleen is nie, dat jy nie skaam hoef te voel wanneer die lewe jou oorweldig nie, en dat jy altyd maar kan vashou aan dié wete: Jou hemelse Vader ken jou, Hy weet wat jy nodig het.

Here, dis ek hierso!
7 dae
Voel jy soms bang en moedeloos omdat die lewe se uitdagings net te veel vir jou raak? Voel jy soms jy hoor nie meer God se stem nie? Wonder jy selfs oor jou eie identiteit? Gelukkig is God so lief vir jou dat Hy jou vul met sy krag as jy na Hom toe kom. Hy kan selfs meer gee as wat jy vra. Roep Hom! Hy sien jou raak.