Gratis leesplanne en oordenkings oor GENESIS 50:19

Oorwinnaar: Vind Krag in Moeilike Tydperke
4 dae
Om moeilike tydperke te oorkom, kan onmoontlik voel terwyl jy daardeur gaan. Gelukkig is God in staat om meer te doen as wat ons kan vra of ons kan voorstel. Ontdek in hierdie 4-dag leesplan, hoe God jou van pyn en teleurstelling kan verlos en nuwe betekenis daaraan gee.

Lewe Veranderd: In die Nuwe Jaar
4 dae
Met elke Nuwejaar kry ons ‘n nuwe geleentheid vir ‘n nuwe begin. Moenie dat hierdie jaar net nog ‘n jaar wees wat begin met besluite wat jy nie end-uit sal kan volhou nie. Hierdie 4-dag leesplan sal jou kans vir nadenke en ‘n nuwe perspektief gee, sodat jy dit jou beste jaar ooit kan maak.

Wysheid Uit Ou Testament Verhale
5 Dae
Die Ou Testament kan soms verwarrend wees om te verstaan, maar dit is volgepak met verhale wat toepaslike wysheid bevat. In hierdie 5-dag leesplan, gaan ons dieper delf in verhale uit die Ou Testament — sommige meer bekend as ander — en tot nuwe insigte kom wat ons sal uitdaag en ons geloof sal uitbou.

Ompaaie: Lesse Van Josef
6 Dae
In hierdie leesplan gebruik Dr. Tony Evans die ontsagwekkende geloof, lewe en loopbaan van Josef om te onderrig dat God meer belangstel in jou ontwikkeling as in jou aankoms. Soos met Josef, 'n ontvoerde seun wat tot slaaf gemaak is en wat grootgeword het om 'n magtige land te red, kan die struikelblokke en obstruksies in jou lewe tot werklike prestasies lei. Toegegee, ompaaie is alles behalwe gerieflik. Hulle neem jou uit jou pad. Hulle is langer as wat jy oorspronklik beplan het om te reis. Hulle is egter nodig. God laat ompaaie in jou lewe toe omdat Hy meer omgee oor jou karakter as oor jou gemak, meer oor jou reinheid as oor jou produktiwiteit. Hy gee om oor jou einddoel!

Veranderde Lewe: Vergifnis
6 dae
Baie van ons loop nog rond met wonde van wat mense in die verlede gesê of gedoen het. Ons sukkel gedurig onder die gewig van daardie las, want ons is ongewillig of onseker hoe om te vergewe. Hierdie leesplan gaan nie daaroor om iemand vry te stel of ander beter te laat voel nie. Dit is vir jou. Vir jou om te leer hoe om te vergewe sodat jy kan genees, jy vrede van jou verlede kan vind en 'n veranderde lewe kan begin leef.

Die Terugkeer: Dit Is Nie Te Laat Nie En Jy Is Nooit Te Ver Nie
7 Dae
Hierdie leesplan sluit sewe daaglikse oordenkings in wat gebaseer is op Louie Giglio se boek "The Comeback: It’s Not Too Late and You’re Never Too Far". Elke oordenking is gebaseer op voorbeelde van mans en vrouens in die Bybel, en wys dat dit God se begeerte is om 'n nuwe begin aan mense te gee wat 'n terugkoms nodig het.

Om Die Mense Wat Ons Seermaak Te Vergewe
7 Dae
Of jy aan emosionele of fisieke wonde ly, vergifnis is die hoeksteen van die Christelike lewe. Jesus Christus is op allerhande onregverdige en onwettige maniere behandel, selfs tot sy onregmatige dood toe. Tog het Hy in sy laaste ure die spottende dief aan die kruis en sy laksmanne vergewe.

Maak Oop in Geval van Nood
14 Dae
Ons het elkeen al deur storms in ons lewe gegaan – is nou in 'n lewensstorm of sal nog in die nabye toekoms 'n lewensstorm ervaar. Hierdie 14-dag leesplan sal jou herinner dat Jesus in beheer van elke storm is. Omdat visuele beeld die "taal van die 21ste eeu" is, bevat elke oordenking oorspronklike foto's om dit te verduidelik en die impak daarvan te verdiep.