Gratis leesplanne en oordenkings oor GENESIS 4:7
![Vergewe Wat Jy Nie Kan Vergeet Nie: 'n 5-dag Uitdaging](/_next/image?url=https%3A%2F%2F%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F22635%2F640x360.jpg&w=1920&q=75)
Vergewe Wat Jy Nie Kan Vergeet Nie: 'n 5-dag Uitdaging
5 dae
Het jy al ooit gevoel dat jy vasgevang is in 'n siklus van onopgeloste pyn of oortredings wat oor en oor in jou gedagtes afspeel? Jy weet jy kan nie so aangaan nie, maar wanneer jou hart verpletter is, lyk vergifnis na 'n onmoontlike versoek. Lysa TerKeurst verstaan ten diepste en nooi jou uit om by haar aan te sluit vir hierdie 5-dag leesplan uit haar nuwe boek "Forgiving What You Can’t Forget and to discover God’s healing gift".
![Breek Vry Van Afguns 'n 6-dag Leesplan deur Anna Light](/_next/image?url=https%3A%2F%2F%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F15926%2F640x360.jpg&w=1920&q=75)
Breek Vry Van Afguns 'n 6-dag Leesplan deur Anna Light
6 Dae
Vandag, meer as ooit tevore, sien ons mense se lewens hoe hulle wil hê dit gesien moet word. Wanneer ons dit vergelyk met ons eie lewe, kan dit afguns veroorsaak. Jy wil nie toelaat dat hierdie gees in jou sweer nie, maar wat van die skade wat afguns aanrig wanneer dit deur iemand anders teen jou gerig is? In hierdie leesplan gaan jy ontdek hoe om afguns te oorkom, jou hart te beskerm en in vrede te wandel.
![Verlore Seun Transformasie met Kyle Idleman](/_next/image?url=https%3A%2F%2F%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F1321%2F640x360.jpg&w=1920&q=75)
Verlore Seun Transformasie met Kyle Idleman
7 Dae
Oorgeneem uit Kyle Idleman se boek "AHA". (Awakening, Honesty, Action) Ontdek die drie elemente wat ons nader aan God kan bring en ons lewens ten goede kan verander. Is jy gereed vir die oomblik wanneer God alles verander?
![Die Soektog](/_next/image?url=https%3A%2F%2F%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F9245%2F640x360.jpg&w=1920&q=75)
Die Soektog
7 Dae
In hierdie 7-dag leesplan, gebruik Beth Moore vrae vanuit die Skrif om jou na intimiteit te lei met die Een wat jou die beste ken. 'n Vraagteken aan die einde van 'n sin is sprekend van nuuskierigheid, belangstelling en dalk twyfel. 'n Vraag is 'n uitnodiging tot kwesbaarheid, tot intimiteit. Die Bybel skerm nie weg van so 'n uitnodiging nie. Ons sien herhaaldelik dat God se kinders vir hul Skepper vrae vra. Ons sien ook dat die God van die heelal vrae vra aan sy skepping. Die Soektog is 'n uitdaging om hierdie uitnodiging te aanvaar. Leer om die Woord te ontgin, reageer op die vrae wat God jou vra, en bring jou vrae en versoeke na God toe. Laat die krom vraagteken jou die pad wys na 'n meer intieme verhouding met die Vader.
![Sewe Eienskappe Van God](/_next/image?url=https%3A%2F%2F%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F11110%2F640x360.jpg&w=1920&q=75)
Sewe Eienskappe Van God
7 Dae
Hoe het God sy liefde of sy krag getoon? Die Jesus-Bybel wys die maniere waarop God met ons, sy skepsels, deur Jesus Christus in beide die Ou en Nuwe Testamente gekommunikeer het. Hierdie 7-dag leesplan werp lig op die eienskappe van God om jou begrip en verwondering van sy gawes te verdiep.
![My beste vir my Here](/_next/image?url=https%3A%2F%2F%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F44221%2F640x360.jpg&w=1920&q=75)
My beste vir my Here
7 dae
Om jou heel beste vir God te gee, gaan iets van jou vra. Mag jy vandag die besluit neem om Jesus Christus die koning van jou hart te maak. Bid dat die Heilige Gees jou sal aanraak, sodat jy uit dankbaarheid net jou beste vir Hom wil gee. As jy twyfel oor hoeveel en wat jy moet gee, gaan vra vir God; Hy sal jou help.